Helpie Flitse

Die eerste uitgawe van Helpmekaar se skoolkoerant, die Helpie-flitse, het reeds in 1946 verskyn. Daar was oor die jare tye van groot bedrywigheid en baie woorde, maar ook tye van stilte. In 2008-2009 het die Flitse tot herlewing gekom en sedertdien is die koerantredaksie weer vuur en vlam aan die gang.

Daar verskyn drie uitgawes per jaar, elk bestaande uit 12 volkleur bladsye in poniekoerant-formaat. Die Flitse is ‘n vorm van rekordhouding van aktiwiteite, gebeure, prestasies, mense … sommer die hele atmosfeer by die skool in elke termyn.

Die redaksie bestaan uit joernaliste van graad 8 tot graad 12, waaruit ‘n kernredaksie verkies word wat die beplanning, organisasie en uitleg onder leiding van ‘n redakteur behartig. Vaardighede wat beoefen word, is mensvaardighede soos interaksie tydens onderhoude en met bestuur; skryfvaardighede soos formuleer, struktureer, redigeer, afrond, proeflees, asook kreatiwiteit in fotografie, kommentaar en uitleg.

In Media24 se jaarlikse nasionale skoolkoerantkompetisie vaar die Flitse uitstekend – in 2019 het ons ‘n nasionale eersteplek behaal met die gedrukte uitgawe.

Die Flitse het sy eie webtuiste waar berigte en foto’s van vorige uitgawes te siene is.

Vir meer inligting, kontak:

ARLIENE VAN WYK

arliene.vanwyk@helpmekaar.co.za

NADIA VAN DER MERWE

nadia.vdm@helpmekaar.co.za

Shopping cart
Sign in

No account yet?

Start typing to see products you are looking for.