William Nicol Koshuis

Dr. W.M Nicol het tydens die een-en twintigste verjaarsdagvieringe van die destydse Hoërskool Helpmekaar na dié skool as die “Strydende Skool” verwys.

Niemand anders as juis dr. William Nicol sou so ‘n raak en veelseggende titel kon kies nie.  Dit was nie dat hy sommer maar net na ‘n gepaste opskrif vir ‘n gevraagde bydrae tot die jaarblad van daardie jaar (1942) gesoek het nie. Hy was immers die “vader” van die skool en hy het geweet wat dit geverg het om owerhede tot stigting van dié skool te oorreed, maar ook wat dit in die toekoms sou verg om die skool staande te laat bly.

Die koshuis is juis gebou om sy bydrae tot hierdie tradisieryke skool te vereer. Ons verwag dus van elke koshuisleerder en voornemende koshuisleerder om ‘n positiewe bydrae ten opsigte van die koshuislewe en tradisies te lewer.

Helpmekaar Kollege | Dr W Nicol
Helpmekaar Kollege | William Nicol Koshuis

DIE KOSHUIS STREEF DAARNA OM:

Aan elkeen van die seuns en dogters wat weg van hulle ouerhuise af by Helpmekaar Kollege kom skoolgaan, ‘n tuiste te bied soortgelyk aan dit wat die beste ouerhuise bied en om sover moontlik steeds elkeen as ‘n individu te behandel, by die koshuisleerders ‘n trots vir die koshuistradisies te ontwikkel, te alle tye goeie beheer en toesig oor die koshuisleerders uit te oefen, etes te verskaf wat voedsaam en van goeie gehalte is, geleentheid aan elke koshuisleerder te bied om aan sport- en kultuuraktiwiteite van hulle keuse deel te neem, met studietye wat op vaste tye geskied en waartydens die nodige toesig en dissipline verleen word, aan elke koshuisleerder die geleentheid te bied om na die beste van sy of haar vermoë te presteer en aan koshuisleerders geleentheid vir gesonde ontspanning te bied.

Daar is tans plek vir 100 leerders in die koshuis (40 meisies en 60 seuns). Elke graadgroep het ‘n inwonende onderwyser wat dien as voog. Indien u sou belangstel in koshuisinwoning vir u kind, kan u gerus die koshuishoof, meneer Cois de Wit, kontak.

Shopping cart
Sign in

No account yet?

Start typing to see products you are looking for.