Die groot-oog Graad 8’ies van 2017, met die gróót tasse en gróót drome, het ons die laaste vyf jaar toegelaat om aan hulle te timmer en te skaaf, om hulle te bemoedig en beskerm, om hulle toe te rus met vaardighede en visie – hulle het ons vertrou met hulle denke en doelwitte – daarom deel ons heelhartig in die blydskap van hierdie besonderse groep kinders se matriekuitslae.
- Ons 205 matrieks het 100% universiteitstoelating
- 201 kan graadstudies voltooi
- 4 kan ‘n diploma verwerf
- Meer as die helfte van die graad (57%) het 3 of meer vakonderskeidings
- 1 kandidaat met 14 A’s
- 1 kandidaat met 10 A’s
- 5 kandidate met 9 A’s
- 12 kandidate met 8 A’s
- 12 kandidate met 7 A’s
- 20 kandidate met 6 A’s
- 22 kandidate met 5 A’s
- 16 kandidate met 4 A’s
- 28 kandidate met 3 A’s
- 707 vak-onderskeidings (3.6 A’s per leerder)
- 51 leerders neem ‘n 3de taal (Frans, Spaans en Duits): 23 verwerf A-simbole
- Christiaan Botes is die leerder met die meeste A-simbole in die geskiedenis van die skool – ‘n volle 14!
Rekeningkunde: 80% gemiddeld
Inligtingstegnologie: 77% gemiddeld
Fisiese Wetenskappe: 76% gemiddeld
Wiskunde: 76% gemiddeld
Gevorderde Program Wiskunde: 80% gemiddeld
English Home Language: 76% gemiddeld
Gevorderde Program Afrikaans: 85% gemiddeld