Helpmekaar Kollege | 20 Mei 2021
Komaan! Helpmekaar Kollege is 'n Afrikaanse privaatskool in die hartjie van Braamfontein in Johannesburg.
helpmekaar, kollege, school, skool, johannesburg, private school, privaat skool, afrikaans, afrikaanse privaat skool, helpmekaar college, braamfontein, high school, hoërskool
90
post-template-default,single,single-post,postid-90,single-format-standard,translatepress-af,tribe-no-js,ajax_leftright,page_not_loaded,,qode-theme-ver-17.0,qode-theme-bridge,wpb-js-composer js-comp-ver-5.5.5,vc_responsive
 

20 Mei 2021

20 Mei 2021

Dramaleerders doen hul ding… in swart en wit

Die graad 12-dramaleerders moes die afgelope week, in een van hul periodes, ‘n stil-film van 30 sekondes maak – aangeheg is een van die groepe se eindproduk.

Tennisdogters dring deur na provinsiaal

Helpmekaar Kollege | 0.16-tennis seuns en dogters

Tennis Suid-Afrika het ‘n 0.16-toernooi gehou om die beste hoërskoolspanne te bepaal. Hierdie kompetisie begin op distriksvlak, gevolg deur ‘n provinsiale vlak en uiteindelik ‘n nasionale vlak.

Helpies het ‘n seuns- en dogterspan ingeskryf.  In die distrikskompetisie eindig die dogters tweede en die seuns vyfde uit die 11 skole wat aan hierdie rondte deelgeneem het. Die dogters dring deur na die provinsiale rondte, wat plaasvind op 5 + 6 Junie te Groenkloof, Pretoria.

Baie geluk.

Klim en klouter soos ‘n kampioen

Helpmekaar Kollege | Wian Badenhorst

Wian Badenhorst het binne 12.4 sekondes homself as 0.17-rotsklimkampioen bewys by die Gauteng-kampioenskappe. Nie nét het hy die Speed-afdeling gewen nie, maar uiteindelik ook as algehele wenner van die Combined-kategorie weggestap – of sal ons eerder sê, geklím…

Modeparade-kaartjies binnekort beskikbaar

Helpmekaar Kollege | Modeparade 2021

‘n Hartlike uitnodiging na ons jaarlikse modeparade wat plaasvind op:

VRYDAG, 2 JULIE en SATERDAG, 3 JULIE

Vier vertonings:
• VRYDAG : 2 JULIE OM 16:30 @ R850pp
• VRYDAG : 2 JULIE OM 20:00 @ R950pp
• SATERDAG : 3 JULIE OM 16:30 @ R850pp
• SATERDAG : 3 JULIE OM 20:00 @ R950pp

Kaartjies is beperk tot 150 per vertoning en kan slegs bespreek word op Helpmekaar24. Aankoop van kaartjies is ook beperk tot ‘n maksimum van 10 kaartjies per persoon. Kaartjiebesprekings open Dinsdag, 1 Junie om 08:00.

Die modeparade vind hierdie jaar weer plaas by die skool. Daar is beperkte parkering, daarom moedig ons u aan om asseblief van Uber gebruik te maak.

Alle kaartjies sluit ‘n driegangmaal met wit-/rooiwyn, water en koffie in. Stel ons asseblief in kennis van enige kosallergieë.

Die drag is deftig-formeel en warm – ons kuier buite.

Covid19-maatreëls word gevolg.

Vir enige verdere navrae, stuur asb ‘n e-pos na linda.vanniekerk@helpmekaar.co.za

Dis100-das

Helpmekaar Kollege | Dis100-das
Ons Dis100-das is hier… en u kind mag dit vir die res van 2021 as deel van hul skool-uniform dra én dan ‘n aandenking hê van die wonderlike feit dat hy/sy in Helpmekaar Kollege se 100ste jaar ‘n leerder van die skool was.
Daar is tans nog net ‘n paar beskikbaar. Indien u graag nog een wil koop, kan u op ons aanlynwinkel gaan loer (en betaal).