Vriende van Helpmekaar-Netwerk

Enige persoon wat al in aanraking gekom het met die magiese karakter van Helpmekaar Kollege sal saamstem dat min dinge kan kers vashou by ‘n Helpmekaar-belewenis.

Anders as ander sekondêre en tersiêre instansies, nooi Helpmekaar Kollege nie net oudleerders uit om deel te wees van die Helpmekaar-Netwerk nie, maar ook enige individu of groep wat wil deel in die dinamiese groei en ontwikkeling van die grootste Afrikaanse privaatskool in Suid-Afrika.

Helpmekaar. Wat anders?

Struktuur van die Vriende van Helpmekaar-Netwerk

Die Netwerk bestaan uit drie pilare:

  • die Helpmekaar Alumni
    bestaande uit oudleerders van Helpmekaar Kollege, Seunskool of Meisieskool.
  • die Vriende van Helpmekaar
    bestaande uit diegene wat nie oudleerders van die skool  is nie, maar wat tog ‘n spesiale band met die skool het. Dit kan byvoorbeeld ouers insluit van huidige Helpmekaar-leerders en/of ouers van oudleerlinge, asook huidige of vorige onderwysers van die skool.
  • Ambassadeurs van Helpmekaar.
    Alumni en Vriende, wat nie net meesters in hul vakgebiede is nie, maar wat ook bereid sal wees om die missie en visie van ons skool uit te dra en te bevorder, sal genader word
    Huidige Ambassadeur van Helpmekaar is ondermeer Prof. Derek van der Merwe, visie-rektor van UJ.

Teken in of registreer indien u meer wil weet oor Helpmekaar Reünies of die Helpmekaar Ondersteuningsklub.