|
|
|
| Akademie |
/ |
Verpligte Vakke |
|
|
|
| |
|
|
| |
VERPLIGTE VAKKE AFRIKAANS
TOELATINGSVEREISTES
Geen. Afrikaans is verpligtend as leer- en onderrigtaal van die skool en word slegs as huistaal aangebied.
BENADERINGSWYSE
Afrikaans word in aktuele en kommunikatiewe kontekste onderrig sodat leerders, namate hulle vorder, hulle taal met toenemende vlotheid, beheer en akkuraatheid binne ‘n groter verskeidenheid situasies kan gebruik.
SILLABUSINHOUD
Die verskillende kulturele, tegniese en kritiese geletterdhede wat nodig is vir doeltreffende deelname aan die samelewing word gekonsolideer tot vier leeruitkomste wat tydens onderrig en assessering geïntegreer word nl. luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbied en toepassing van taalkon-vensies.
VAKAKTIWITEITE
Nasionale Taalbondeksamen, Nasionale Afrikaans-Olimpiade, Nasionale Bloemfonteinse Skrywerskring skryfkompetisie, verskeie ander skryfkom-petisies, Afrikaans-Ekspo en ander vakverwante aktiwiteite wat redenaars en toneel insluit.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Vertaler, tolk, diplomaat, joernalis, radio- en TV-kopieskrywer, onderwyser, reklamewese, kommunikasie, buitelandse inligtingsdiens, skakelbeampte.
ENGLISH PRIMARY LANGUAGE
ENTRANCE REQUIREMENTS
A minimum of 80% in English First Additional Language is required at the end of gr. 9. This subject is only presented as a choice subject from gr. 10 to 12.
SPECIAL REQUIREMENTS
An additional fee per pupil per month must be paid.
APPROACH
English Primary Language concentrates on listening, speaking and writing skills, with an emphasis on insight and practical application.
SYLLABUS
The main sub-divisions are literature, poetry, visual literacy, language, writing and speaking skills. These are integrated in presentation and projects encourage self-study and research. Assessment is done on a continuous basis.
SUBJECT ACTIVITIES
The National De Beers English Olympiad is open to senior pupils. There is also opportunity to enter a variety of writing competitions, such as the Sacee Competition, as well as the Department of Arts and Culture Essay Competition and the Klofie Arts Festival. Subject related activities include public speaking, debating and orators competitions.
CAREER POSSIBILITIES
Journalist, translator, diplomat, radio and TV presenter, teacher, lecturer, public relations officer, lawyer, as well as any other career where a command of the English language is vital. With English as a primary language, possibilities open for a pupil to study overseas.
ENGLISH FIRST ADDITIONAL LANGUAGE
ENTRANCE REQUIREMENTS
This is a compulsory subject (unless English Primary Language is selected).
APPROACH
We teach mainly communicative skills, with the emphasis on speaking, reading and writing in context and continuous assessment.
SYLLABUS
The main categories are oral [listening, speaking, reading], language structures, comprehension, literature and poetry.
SUBJECT ACTIVITIES
Public speaking, English play, creative writing competitions, English Olympiad, Klofie Arts Festival.
CAREER POSSIBILITIES
Translator, interpreter, editor, copywriter, proofreader, journalist, advertising, radio or television presenter, writer, communications, teacher, tourist guide, play-wright, actor.
WISKUNDE OF WISKUNDIGE GELETTERDHEID
Een van bogenoemde moet geneem en geslaag word om die Verdere Opleiding en Onderwys Sertifikaat te verkry. ‘n Leerder sal toegelaat word om vanaf Wiskunde na Wiskundige Geletterdheid te vervlak, maar ‘n skuif van Wiskundige Geletterdheid na Wiskunde sal onmoontlik wees. Wiskundige Geletterdheid word aanbeveel vir ‘n leerder wat nie Wiskunde vir studie- of beroepsdoeleindes benodig nie.
BENADERINGSWYSE
Probleemoplossing is die sentrale fokus in die onderrig en leer van wiskunde met die spesifieke doelstellings die ontwikkeling van die vermoë om logies te redeneer, te veralgemeen, te verbesonder, te organiseer, analoë te trek en te bewys, asook die ontwikkeling van insig in ruimtelike verwantskappe en meting.
LEERUITKOMSTE
| Wiskunde en |
Wiskundige Geletterdheid |
| - Getalle en verwantskappe |
- Getalle, toepassings |
| - Funksies en algebra |
- Funksies |
| - Ruimte, vorm en meting |
- Ruimte, vorm en meting - |
| - Data-hantering en waarskynlikheid |
- Data-hantering |
VAKAKTIWITEITE
Olimpiade.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Wiskunde is ‘n voorvereiste vir verdere studie in ingenieurswese, medies, tandheelkunde, veeartseny, natuurwetenskappe, rekenaarstudie, statistiek, sekere landbouwetenskappe, boukunde, tegnika, aptekerswese, ens.
LEWENSORIENTERING
SILLABUSINHOUD
Leerders word voorberei om hul verwagtinge van die toekoms te besef, toegang tot bykomende en hoër onderwys te verkry en hul plek in die samelewing in te neem. Lewensoriëntering verskaf ‘n groter verskeidenheid loopbaankeuses aan leerders en rus hulle toe met persoonlike bestuursvaardighede wat hulle in hul volwasse lewe sal help.
LEERUITKOMSTE Persoonlike welsyn
Die leerder is in staat om persoonlike welsyn te bereik en vol te hou.
Opvoeding in burgerskap
Die leerder is in staat om begrip en waardering vir die waardes en die regte soos vervat in die Grondwet, te toon, ten einde ‘n verantwoordelike burger te wees en maatskaplike geregtigheid en lewe in ‘n volhoubare omgewing te bevorder.
Ontspanning en liggaamlike welsyn
Die leerder is in staat om ontspannings- en liggaamlike aktiwiteite verantwoordelik te ondersoek en daaraan deel te neem ten einde liggaamlike welsyn te bevorder.
Loopbane en loopbaankeuses
Die leerder is in staat om selfkennis en die vermoë te toon om ingeligte besluite oor verdere studies, loopbaanrigtings en loopbaanbeplanning te neem.
FISIESE WETENSKAPPE
TOELATINGSVEREISTES
Die fisiese wetenskappe komponent [fisika en chemie] van die Natuurwetenskappe moet in gr. 9 op minstens vlak 3 geslaag word.
BENADERINGSWYSE
Praktiese werk geniet ‘n hoë prioriteit. Leer deur self te doen en te ontdek. Leerders se vermoë om logies te redeneer, verbande in te sien en gevolgtrekkings te maak, word ontwikkel. Die rol van hierdie vak in die lewe van elke Suid-Afrikaner: Die fisiese wetenskappe beïnvloed wetenskaplike en tegnologiese ontwikkeling wat die basis is vir ‘n land se ekonomiese groei en sosiale welvaart. Hierdie vakgebied stel die leerder in staat om basiese kennis te verwerf wat betref tegnologiese ontwikkeling op die terreine van behuising, die kos wat ons eet, die klere wat ons dra, materiale wat ons gebruik, mediese diagnoses en behandelings, rekenaars en ander inligtingstegnologie. Die nuwe kurrikulum van die fisiese wetenskappe stel hom ten doel om die verwerwing van wetenskaplike kennis en wetenskaplike geletterdheid meer toeganklik te maak vir alle Suid-Afrikaners.
SILLABUSINHOUD
1. Meganika
2. Golwe, klank en lig
3. Elektrisiteit en magnetisme
4. Materie en verbindings
5. Chemiese veranderinge
6. Chemiese sisteme
VAKAKTIWITEITE
Opvoedkundige uitstappies, Wetenskap Olimpiade, Tegnologiese Olimpiade, Mintekvasvra en Expo vir Jong Wetenskaplikes.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Ingenieurswese, natuurwetenskappe, geneeskunde, tandheelkunde, vee-artsenykunde, landbouwetenskappe, arbeids- en fisioterapie, optometrie, vlieëniers en nog vele meer.
LEWENSWETENSKAPPE
Die sistematiese studie van lewe in ‘n veranderende natuurlike en mensgemaakte omgewing. Die studie sluit die kritiese vraag, weergee en verstaan van konsepte en prosesse en aanwending in die gemeenskap. Leerders sal navrae, probleem-oplossing, kritiese denke en ander vaardighede ontwikkel en sal dié vaardighede gebruik om Lewenswetenskappe te interpreteer en te gebruik om verskynsels te verduidelik. Hulle sal die kennis in hulle persoonlike lewens en as verantwoordelike burgers toepas, om sodoende ‘n gesonde leefstyl aan te kweek en om bronne effektief te bestuur. Deur Lewenswetenskappe te bestudeer kan die leerders natuurwetenskappe baie beter verstaan, die invloed van etiek verstaan en die onderlinge verwantskappe tussen wetenskap, tegnologie, inheemse kennis, die omgewing en die gemeenskap verstaan.
LEERUITKOMSTE
1. Wetenskaplike navrae- en probleemoplossingsvaardighede.
2. Aanwending van die kennis van die Lewenswetenskappe.
3. Lewe, wetenskappe, tegnologie, omgewing en gemeenskap. Leerder moet in staat wees om wetenskappe en die invloed van etiek en onderlinge verwantskappe van wetenskap, tegnologie, inheemse kennis, omgewing en gemeenskap te verstaan.
CAT-REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE
TOELATINGSVEREISTES
Geen. SILLABUSINHOUD
Hierdie vak vervang die twee vakke Rekenaartik en Rekenaarstudie SG en word van 2006 vir gr. 10-leerders as keusevak aangebied. Dit gaan oor die effektiewe gebruik van inligting-en kommunikasietegnologie vir ‘n eindgebruiker in ‘n rekenaartoepassingsomgewing, (in verskillende sektore van die samelewing).
BENADERINGSWYSE
Dit rus die leerder toe met kennis, vaardighede, waardes en benaderings tot die ontwerp, ontwikkeling en uitstuur van inligting in verskillende formate. RTT maak dit ook vir leerders moontlik om data te versamel, te analiseer en te korrigeer en dit dan weer te manipuleer en te verwerk om dit na verskillende sektore te versprei. [Ons gebruik die Microsoft-Office Professional pakket.]
LEERUITKOMSTE
Die vak het ‘n 20% teoretiese komponent en die res is praktiese toepassings soos in die volgende uitkomste vervat:
- Basiese kennis van Inligting en Kommunikasietegnologie
- Geïntegreerde eind-gebruiker rekenaartoepassingsvaardighede en kennis van probleemoplossing - die verwerking, aanbieding en uitstuur van inligting
- Inligtingsbestuur - toepas van vaardighede deur die gebruik van eind-gebruiker rekenaartoepassings
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Alle instansies vereis rekenaarvaardighede. Dit is dus ‘n vak wat jou reeds toerus om basiese kantoorwerk te doen deur verskillende pakkette te gebruik.
IT - INLIGTINGSTEGNOLOGIE
TOELATINGSVEREISTES
Die leerder wat hierdie vak kies moet ‘n goeie punt in Wiskunde in graad nege kry. Dit is ‘n goeie maatstaf om te bepaal of dit binne sy belangstelling val. Inligtingstegnologie word as vak aanbeveel, waar die leerder beplan om ‘n rigting te volg wat te doen het met probleemoplossing. Die vak vervang die vak rekenaarstudie HG.
BENADERINGSWYSE
Die klem is op probleemoplossings deur logiese denke, inligtingsbestuur en kommunikasie. Dit fokus ook op die ont-wikkeling van rekenaartoepassings deur gebruik te maak van bestaande programme [soos Delphi vir die skryf van programme]. Die vak ontwikkel ook ‘n bewustheid en verstaan van die sosiale, ekonomiese en ander implikasies van die rekenaar op die leefwêreld van die mens.
LEERUITKOMSTE
Die vak het steeds ‘n praktiese en ‘n teoretiese komponent, wat vervat word in die volgende uitkomste wat bereik moet word:
- Hardeware en stelselprogrammatuur - leerder verstaan en gebruik rekenaargebaseerde tegnologie
- Elektroniese kommunikasie - leerder is in staat om verskillende rekenaartoepassings kreatief vir elektroniese kommunikasie aan te wend
- Sosiale en etiese kwessies - leerder is in staat om die impak van rekenaartegnologie op die sosio-ekonomiese, omgewings-, politieke en etiese vlakke krities te analiseer.
- Programmering en sagteware ontwikkeling - leerder is in staat om effektiewe oplossings vir probleemstellings te ontwerp, te toets en te lewer.
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE
REKENINGKUNDE
TOELATINGSVEREISTES
Vanaf gr. 10 is Rekeningkunde ‘n keusevak. Om met Rekeningkunde in gr. 10 aan te gaan, moet ‘n leerder ten minste ‘n jaarpunt van 60% in die EBW-leerarea in gr. 9 behaal. Dit word nie as ‘n sewende vak aangebied nie.
BENADERINGSWYSE
Rekeningkunde word praktykgerig aangebied en konsentreer daarop om leerders met praktiese vaardighede toe te rus om hulle beroepsgereed te maak. Leerders ontwikkel karaktereienskappe soos deeglikheid, akkuraatheid, netheid en redenasievermoë.
SILLABUSINHOUD
Rekeningkunde bestaan uit die versamel, rekordering en ontleding van finansiële inligting met die oog daarop om finansiële besluite te kan maak. ‘n Balans tussen teorie en die praktyk word gehandhaaf om te verseker dat ‘n leerder tot die arbeidsmark kan toetree of verder kan studeer.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
‘n Noodsaaklikheid vir enige beroep vanaf ‘n tuisteskepper [begroting] tot ‘n ouditeur [geoktrooieerde rekenmeester]. Verpligte vak vir enige B.Com-rigting. Elke landsburger moet sy eie finansies kan bestuur.
• EKONOMIE
TOELATINGSVEREISTES
Geen. Ekonomie is ‘n keusevak vanaf gr. 10 en word op die hoër graad en standaardgraad aangebied.
BENADERINGSWYSE
Ons almal neem elke dag aan die ekonomie deel, of ons opstaan, aansit vir ontbyt, regmaak vir werk of skool, tuisbly of uitgaan - ekonomie is oral en altyd aan die gang; daarom is Ekonomie ‘n dinamiese, toekomsgerigte vak waar ons geld, rykdom, kapitaal, inkomste, uitgawes, koop, verkoop, wins ens. koppel aan die mens se poging om sy onbeperkte behoeftes met beperkte middele te bevredig.
SILLABUSINHOUD
Die studieveld van Ekonomie is: behoeftes, produksie, verbruik en besparing; die rol van geld, markte en prysvorming; die ontstaan en ontwikkeling van die SA-ekonomie, geld en markte; die rol van huishoudings, sake-ondernemings, die owerheid en die buiteland; die ekonomiese kringloop, sakesiklusse en die arbeidsmag, asook Mikro- en makro-ekonomie.
VAKAKTIWITEITE
Sakepublikasies soos Finweek, Sake24, nuusberigte, ensovoorts word gebruik om deurentyd op hoogte te bly van verwikkelinge in die wêreld-ekonomie. Aktiewe deelname van leerders is spontaan, omdat hulle geprikkel word deur die impak van ekonomiese gebeure op die alledaagse lewe.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Ekonoom, onderwyser, effektemakelaar, bankier, bedryfsekonoom, personeelbestuurder, sakebestuur, staatsaanklaer, entrepreneur, toerismebestuur, statistikus.
• BESIGHEIDSTUDIES
[vroeër bekend as Bedryfsekonomie]
TOELATINGSVEREISTES
Geen. Dit word ook as ‘n sewende vak aangebied.
BENADERINGSWYSE
Die leerders word na elke lesaanbieding die geleentheid gegee om praktykgerigte werksopdragte te voltooi. Verskeie assesseringsmetodes word gebruik.
SILLABUSINHOUD
Besigheidstudies behels die ontwikkeling van kennis en vaardighede wat nood-saaklik is vir deelname aan die formele en informele sektore van die ekonomie. Die leerders word in staat gestel om kennis toe te pas deur besigheidsgeleenthede te ondersoek en om bestuursvaardighede te ontwikkel om dit in die praktyk te kan toepas.
VAKAKTIWITEITE
Praktiese opdragte sodat die leerders die praktyk kan beleef en sodoende toe-gerus kan wees vir die toekoms.
MENSLIKE EN SOSIALE WETENSKAPPE
• GEOGRAFIE
BENADERINGSWYSE
Geografie stel leerders in staat om prosesse en ruimtelike patrone te verklaar, om ingeligte besluite te neem, veral oor die veranderende omgewing. Klem word op volhoubare ontwikkeling en die toepassing van geografiese tegnieke en vaardighede gelê.
SILLABUSINHOUD
Geografie is ‘n wetenskap wat natuurlike en menslike prosesse en ruimtelike patrone op aarde geïntegreerd, oor ruimte en tyd, bestudeer. Dit bestudeer die ruimtelike verspreiding van mense en hul aktiwiteite, fisiese en mensgemaakte verskynsels, ekosisteme en die interaksie tussen mense, asook mense en die omgewing.
UITKOMSTE
1. Geografiese vaardighede en tegnieke
2. Kennis en verstaanvaardighede.
3. Toepassingsvaardighede.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Kartograaf, weerkundige, geoloog, argeoloog, stads- en streekbeplanner, landskapsargitek, omgewingskundige, geografiese inliigtingstelselkundige.
• GESKIEDENIS
Geskiedenis word slegs as ‘n sewende vak aangebied.
BENADERINGSWYSE
Die studie van Geskiedenis help ons om ingeligte besluite te neem en sodoende konstruktief by te dra tot die samelewing en om demokrasie te bevorder.
SILLABUSINHOUD
Geskiedenis is die studie van verandering en ontwikkeling in die samelewing in ruimte en oor tyd. Geskiedenis help om die verlede te verstaan en te evalueer en veral om die invloed op die hede en toekoms toe te pas.
UITKOMSTE
1. Navorsingsvaardighede
2. Geskiedkundige konsepte
3. Kennis en kommunikasievaardighede
4. Erfenis
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Argivaris, politikus, onderwyser, toerleier, toergids, joernalis.
KUNS EN KULTUUR
INLEIDEND
Dit is belangrik om daarop te let dat die volgende drie tale hier hanteer word, alhoewel hulle na die departement Taal, Geletterdheid en Kommunikasie verskuif word.• Sepedi Tweede Taal • Duits Derde Taal • Frans Derde Taal
• DUITS DERDE TAAL
TOELATINGSVEREISTES
Duits is ‘n keusevak en moet reeds in gr. 8 en 9 geneem word, indien dit ‘n keuse-vak vir gr. 10-12 is. Die vak word aangebied, indien 15+ -leerders die vak kies.
BENADERINGSWYSE
Duits word deur aktuele temas onderrig en konsentreer op luister-, lees-, praat- en skryfvaardighede.
SILLABUSINHOUD
Drie groot afdelings, naamlik taalkunde, kreatiewe skryf en Duits as spreektaal word onderskei, maar met mekaar geïntegreer.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Vertaler, tolk, diplomaat, joernalis, radio- en TV-kopieskrywer, reklamewese, kommunikasie, buitelandse inligtingsdiens, toerisme, hotelbedryf, lugwaardin/vlugkelner, aanvullend vir musiekstudente en tegnologie.
• FRANS DERDE TAAL
TOELATINGSVEREISTES Slegs leerders wat Frans in gr. 8 en 9 geneem het, kan in gr. 10 tot 12 die vak neem. Vak word aangebied indien 15+ -leerders die vak kies.
BENADERINGSWYSE
Frans word op die direkte metode aangebied. Luister-, lees-, skryf- en mondelinge vaardighede word ontwikkel, met spesiale klem op kommunikasie.
SILLABUSINHOUD
In gr. 10 tot 12 word taalleer, letterkunde, kreatiewe skryfwerk en mondelinge vaardighede geïntegreerd onderrig. ‘n Oorsig oor die Franse kultuur word ingesluit.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Vertaler, tolk, taaladviseur, onderwyser, toergids, sakeman, buitelandse inligtingsdiens, onderhandelaar in ondernemings, lugwaardin, kommunikasiebeampte en buitelandse handel.
LEERUITKOMSTE MET BETREKKING TOT DIE TALE
LEERUITKOMS 1
Luister en praat. Die leerder kan luister en gesprek voer met betrekking tot ‘n verskeidenheid leeromgewings waarby hy/sy betrokke is.
LEERUITKOMS 2
Lees en opinievorming. Die leerder verstaan wat hy lees. Begrip word getoets en ‘n leerder moet kan sê hoe hy/sy oor ‘n saak voel.
LEERUITKOMS 3
Skryf as kommunikasiemiddel. ‘n Verskeidenheid formele en informele skryfte-gnieke word aangeleer, bv. vriendskaplike briewe, formele briewe, gelukwensings, uitnodigings, ens.
LEERUITKOMS 4
Taalgebruik. Die leerder kan taalstrukture effektief in geskrewe en mondelinge taalgebruik aanwend.
• MUSIEK
TOELATINGSVEREISTES
Leerders moet beskik oor ‘n musikale aanleg en vermoëns. Daar word aanbeveel dat ‘n leerder op graad 3-UNISA standaard moet wees om suksesvol in hierdie fase te wees.
BELANGRIK OM TE WEET
Musiekvoordrag [Tweede instrument val weg]
DOELWITTE
Om ‘n kennis op te doen ten opsigte van:
- Voordragtegnieke
- Styl
- Luistervaardighede
- Musiekteorie
- Musiekgeskiedenis
- Vertaling.
Bogenoemde leerareas moet binne ‘n Suid-Afrikaanse en globale konteks geskied. Musiek behels die volgende aktiwiteite in ‘n geïntegreerde program: • Musiekvoordrag: solo- en groepswerk
- Komposisie, verwerkings, improvisasie
- Kombinering van musiekelemente nl. musieknotasie, vorm en ge-hoor-opleiding
- Musiekstyle binne verskillende musiekkulture
- Musiekindustrie: die praktyk
- Musiektegnologie
- Navorsingsprojekte
- Fokusareas: Praktiese werk Teoretiese kennis
- Die bekendstelling met Westerse sowel as Afrika-instrumente, so-wel as: • die uitvoering van verskeie musiekstyle nl. Afrika en musiekstyle in ander historiese kontekste.
LEERUITKOMSTE
• Musiekvoordrag
- Vaardigheid in die klankproduksie van ‘n gekose instrument of stem.
- Optredes as solis of in ensembles.
- Aanbieding van ‘n repertorium wat oor kulturele en historiese grense strek.
IMPROVISASIE, VERWERKINGS, KOMPOSISIE
- Uitkoms behels: ‘n vaardigheid in bogenoemde tegnieke.
- opnametegnieke, met behulp van moderne tegnologie.
• VISUELE KUNS [in plaas van Skilderkuns]
TOELATINGSVEREISTES
‘n Praktiese eksamen word afgelê.
SILLABUSINHOUD
Om kennis op te doen ten opsigte van EEN van die volgende rigtings [spesialisering]:
- skilder
- fotografie
- drukkuns
- beeldhou
- gemengde media
- tekenkuns
- pottebakkery
- mosaïek nuwe keuses: kralewerk [inheemse Afrikakunsvorme] mandjieweef [inheemse Afrikakunsvorme] multimedia ontwerp gebrandskilderde glas tekstielkuns videokuns weefkuns
KUNSGESKIEDENIS
Die fokus skuif in gr. 10 en 11 na kontemporêre Suid-Afrikaanse kunstenaars.
• Gr. 12 behels internasionale kunsbewegings in die 20ste eeu sowel as Suid-Afrikaanse kuns.
LEERUITKOMSTE
Leeruitkoms 1:
Konseptualisering. Die leerders ontdek en ontwikkel kreatiewe response soos mag voortspruit uit die wisselwerking tussen eksterne en self geïnisieerde projekte.
Leeruitkoms 2:
Vervaardiging. Die leerder ontdek en ontwikkel bestaande materiale, prosesse en tegnologie deur die maak van kunswerke wat uiting aan persoonlike uitdrukking gee.
Leeruitkoms 3:
Bestuur en aanbieding. Die leerder leer om sy persoonlike aanleg self te ontwikkel en op ‘n professionele wyse aan te bied binne die gebied van die betrokke kunsvorm.
Leeruitkoms 4:
Visuele kultuurstudies. Die leerder kry geleentheid om sy kennis, vaardighede, ingesteldheid en waardes deur die studie van kuns teen die agtergrond van diverse kulture, weer te gee.
• DRAMATIESE KUNSTE
TOELATINGSVEREISTES
Leerders is onderhewig aan ‘n praktiese keuring. ‘n Addisionele heffing, buiten skoolgeld, is betaalbaar.
BENADERINGSWYSE BEGINSELS
- Sosiale transformasie
- Uitkomsgebaseerde onderrig
- Hoë kennisvlak, hoë vaardighede
- Integrasie van alle komponente
- Progressie
- Artikulasie en lyflike oordrag
- Menseregte, insluitende beleid, omgewing en sosiale regte • Waardering van interne samelewingstrukture [Afrikatradisies] • Geloofwaardigheid, kwaliteit en doeltreffendheid
STRUKTUUR EN ONTWERPRIGLYNE
- Regmaak van die verdeling van die verlede en totstandkoming van ‘n samelewing gebaseer op demokratiese waardes, sosiale reg en funda-mentele menslike regte.
- Verbeter die lewenskwaliteit van alle mense en ontgin die poten-siaal van almal.
- Lê die fondasies van demokrasie in ‘n oop samelewing wat die reg van elke individu belig.
- Bou ‘n verenigde en demokratiese Suid-Afrika. Bogenoemde riglyne moet in elke komponent van die vak uitgebou word.
SILLABUSINHOUD
Drama is ‘n sosiale kunsvorm wat visuele, auro-, lyflike-, kinestetiese- en optrede-komponente integreer om te kommunikeer, ontdek en menslike ondervinding weerspieël. Dramatiese kuns vervat ‘n reeks vertolkinggenres wat die diversiteit van kulturele inhoude vervat.
LEERUITKOMSTE
Leeruitkoms 1:
Die leerder moet persoonlike verwysings in die aanbieding benut.
Leeruitkoms 2:
Die leerder word geleer om dramaties te skep, te maak en voor te dra.
Leeruitkoms 3:
Die leerder word geleer om die vorm en inhoud van dramatiese werke te begryp en te analiseer teen die agtergrond van diverse tydperke, kulture en style.
Leeruitkoms 4:
Die leerder word geleer om homself en ander krities te evalueer en te reflekteer.
VERVAARDIGINGS, INGENIEURS EN ONTWERPTEGNOLOGIE
• INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP [Tegniese Tekene]
INLEIDING
Die vak TEGNIESE TEKENE het verander in 2006 vir gr. 10 na INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP. Die vak is nou baie meer dinamies, toekoms- en beroepsgerig en baie meer verrykend. TOELATINGSVEREISTES
‘n Gesonde belangstelling in teken en ontwerp met ‘n besliste tegniese belangstelling.
Kleingroeponderrig: Soos in eerste punt genoem, met die uitsondering van maksimum 20 leerders per klas, wat keuring tot gevolg kan hê.
SPESIALE VEREISTES
- ‘n Addisionele fooi, naas skoolgeld, word jaarliks gehef.
- Kleingroeponderrig: Kleingroepfooi word naas skoolgeld, gehef.
- Turbocad - 2D kleingroeponderrig geskied na skoolure. BENADERINGSWYSE
- Voorwerpe uit die omgewing en nywerheid word gekonstrueer, meetkundig bepaal, drie-dimensioneel voorgestel, ontwikkel, ens. Fisiese gebruik van tekengereedskap en –bord word vereis. Daar word inleidend tot ‘n CAD-program geëksperimenteer [geen sertifikaat of akkreditasie.]
- Kleingroeponderrig: Soos bo, met die uitsondering dat daar meer individuele aandag aan leerders gegee kan word en die volledige Turbocad 20-sillabus word intensief behandel. Na suksesvolle aflegging van die Turbocadeksamen, verwerf die student ‘n nasionaal erkende 2D-sertifikaat.
SILLABUSINHOUD
• Interpretasies, konstruksies, tekenvaardighede, projeksies, prentaansigte, masjien- en skaaltekene, perspektieftekene en
‘n beperkte blootstelling aan ‘n CAD-tekenprogram.
VAKAKTIWITEITE
Kopieer en vervaardig modelle, bring die praktyk na die klaskamer met behulp van navorsing en praktiese take. Probleemidentifisering en–oplossing.
REKENAAROPLEIDING [Turbocad].
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Alle ingenieursrigtings, argitektuur, ingenieursontwerper, tekenaar, opmeter, bourekenaar en nog vele meer. Uitstekende entrepreneursmoontlikhede.
• TOERISME
INLEIDING
Die vak REIS EN TOERISME verander in 2006 na DIENSTE: TOERISME.
TOELATINGSVEREISTES
Geen. Dit is wel ‘n keusevak in gr. 8 en 9, maar nie ‘n voorvereiste vir gr. 10 nie.
BENADERINGSWYSE
Prakties en teoreties. Portefeuljewerk wat ‘n praktiese komponent insluit.
SILLABUSINHOUD
- Toerisme as ‘n interverwante stelsel met al die komponente van toerisme, rolspelers in die toerisme-industrie en navorsing oor werks- en beroepsgeleenthede.
- Verantwoordelike en volhoubare toerisme, gemeenskapsdeelname, bemarking.
- Toerisme-geografie, attraksies en neigings word bestudeer.
- Kliëntediens en kommunikasie.
VAKAKTIWITEITE
Binnelandse toere en vakuitstappies.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Toeristegids, toeroperateur, bestuur in die gasvryheidsbedryf, ontspanningsbedryf, bewaring- en ekotoerisme, sport- en rekreasiebestuur, avontuurtoerismebedryf.
|
|
| |
|
|
|
|
|