Benaderingswyse (tot onderrig)
Die mikpunt van die vak Visuele Kuns is om leerders bekend te stel aan die wêreld van kuns. Daar word gepoog om hul kreatiewe verbeelding te stimuleer sodat hulle die wêreld rondom hulle kan raaksien en daarop kan reageer. Die sillabus is ook daarop gemik om `n goeie grondslag te lê vir die jare wat volg.
Sillabusinhoud
Die vak bestaan uit twee afdelings:
- `n teoretiese komponent
- asook `n praktiese komponent.
Teorie: behels die studie van kunsgeskiedenis, -vorms, -prosesse en -tegnieke. Die leerder word ook gelei om kunsprodukte waar te neem, te beoordeel en te analiseer.
Kunsgeskiedenis wat in Graad 8 bestudeer word behels onder andere:
- Kunselemente en ontwerp-beginsels
- Antieke beskawings:
- San kuns
- Die kuns van Egipte
- Moderne kuns:
- Impressionisme Claude Monet
- Post Impressionisme Vincent van Gogh
- Fauvisme Henri Matisse
- Kubisme Pablo Picasso
- Surrealisme Salvador Dalí
Prakties: behels die innoverende gebruik van materiale en tegnologie waardeur die leerder in staat gestel word om uiting te gee aan sy / haar eie unieke idees. Terselfdertyd word daar gefokus op die stimulering van die regterbrein, wat baie belangrik is vir die ontwikkeling van kreatiwiteit en `n positiewe invloed op die leerder se daaglikse lewe sal hê.
Vakaktiwiteite
Leerders word aangemoedig om soveel moontlik uitstallings by te woon en om oor kuns te lees om hul kennis en insig uit te brei. Daar is 'n groep op Facebook met interessante kunsinligting by: https://www.facebook.com/groups/helpmekaarvisuelekuns/
Algemeen
Graad 8 leerders word geasseseer volgens hul bydrae en die manier waarop hul die tegnieke en riglyne volg en toepas. Uithouvermoë en die kreatiewe oplos van probleme is n fokuspunt. Dit is dus NIE nodig dat n leerder ingebore kunstalent moet besit om goeie punte te verwerf in die vak nie.
Skryfbehoeftes
Leerders kry aan die begin van die jaar n Visuele Kuns paket wat die volgende insluit: Akrielverf, verfkwaste, kunspotlode (4B, 6B), n palet en n A3 tekenboek. Dit is oor die algemeen voldoende vir die projekte wat deur die jaar plaasvind, leerders wat baie ekstra werk doen sal moontlik later nog verf moet bykoop.
- Portefeulje-leër
- Blou/swart Pen
- Kleurpotlode
Handboeke
Kunsgeskiedenis notas word deur die jaar aan leerders uitgedeel. Dit is belangrik dat die notas netjies in n portefeulje leer georganiseer word sodat die notas reg is om gebruik te word vir die toetse en eksamens.
Benaderingswyse (tot onderrig)
Die vak Visuele Kuns bied aan leerders`n betekenisvolle wyse waarop hulle kan reageer op hulle leefwêreld. Dit stimuleer die kreatiewe verbeelding en is `n tasbare uitbeelding van die leerders se belewenis van hulle omstandighede. Leerders raak vertroud daarmee om visueel te kommunikeer. Die sillabus is ook daarop gemik om `n goeie grondslag te lê vir die jare wat volg.
Sillabusinhoud
Die vak bestaan uit twee afdelings: `n teoretiese komponent, asook `n praktiese komponent.
Teorie behels die studie van kunsgeskiedenis, -vorms, -prosesse en -tegnieke. Die leerder word ook gelei om kunsprodukte waar te neem, te beoordeel en te analiseer.
Kunsgeskiedenis wat in Graad 9 bestudeer word behels onder andere:
- Kunselemente en visuele kommunikasie
- Menslike proporsies
- Die ontleed van kunswerke
- Internasionale Kuns:
- Antieke Griekse kuns
- Antieke Romeinse kuns
- Renaissance en perspektief
- Alexander Calder
- Suid-Afrikaanse Kuns:
- Jackson Hlungwani
- Helen Martins: Uilhuis
- Alexis Preller
- Judith Mason
Prakties: behels die innoverende gebruik van materiale en tegnologie waardeur die leerder in staat gestel word om uiting te gee aan sy / haar eie unieke idees. Terselfdertyd word daar gefokus op die stimulering van die regterbrein, wat baie belangrik is vir die ontwikkeling van kreatiwiteit en `n positiewe invloed op die leerder se daaglikse lewe sal hê.
Vakaktiwiteite
Leerders word aangemoedig om soveel moontlik uitstallings by te woon en om oor kuns te lees om hul kennis en insig uit te brei. Daar is 'n groep op Facebook met interessante kunsinligting by: https://www.facebook.com/groups/helpmekaarvisuelekuns/
Algemeen
Graad 9 leerders word geasseseer volgens hul bydrae en die manier waarop hul die tegnieke en riglyne volg en toepas. Uithouvermoë en die kreatiewe oplos van probleme is n fokuspunt. Tegniek word verbeter deur baie oefening.
Skryfbehoeftes
Leerders kry aan die begin van die jaar n Visuele Kuns paket wat die volgende insluit: Akrielverf, verfkwaste, kunspotlode (4B, 6B), n palet en n A3 tekenboek. Dit is oor die algemeen voldoende vir die projekte wat deur die jaar plaasvind, leerders wat baie ekstra werk doen sal moontlik later nog verf moet bykoop.
- Portefeulje-leër
- Blou/swart Pen
- Kleurpotlode
Handboeke
Kunsgeskiedenis notas word deur die jaar aan leerders uitgedeel. Dit is belangrik dat die notas netjies in n portefeulje leer georganiseer word sodat die notas reg is om gebruik te word vir die toetse en eksamens.
Benaderingswyse (tot onderrig)
Volgens die IEB moet die vak Visuele Kuns leerders in staat stel om:
- ‘n Verskeidenheid probleme te identifiseer en op te los deur die maak van verantwoordelike en ingeligte besluite deur die gebruik van kritiese en kreatiewe denkprosesse;
- Materiale, prosesse en tegnieke in 'n effektiewe, ekonomiese, veilige en verantwoordelike wyse te ondersoek;
- Kunsvorms, prosesse en produkte waar te neem, te beoordeel en te analiseer;
- Effektief te kommunikeer deur die gebruik van visuele, mondeling en skriftelike taalvaardighede;
- Te werk as 'n kreatiewe, innoverende en vindingryke indiwidu, sowel as lid van 'n groep;
- Eie werk asook die van ander krities te waardeer en ingeligte persoonlike estetiese beoordeling te maak op so 'n wyse dat dit kultureel en esteties sensitief is;
- Idees, opinies en voorkeure te artikuleer deur die gebruik van n gespesialiseerde Visuele Kuns woordeskat;
- 'n Bewustheid van etiese en omgewingsimplikasies van hulle eie praktyke te ontwikkel deur bv. die hergebruik van afvalmateriale te ondersoek;
- 'n Gevoel van skepping, genot en sukses te beleef;
- Die dinamiese rol van visuele kultuur as werktuig van sosiale transformasie te verstaan;
- Die verskeidenheid van visuele kunstradisies in die Suid-Afrikaanse konteks te waardeer en beide hulle eie en ander kulturele tradisies as 'n kragtige kreatiewe bron te beskou;
- Entrepreneursvaardighede en professionele praktyke binne die kunsmilieu te ontwikkel om 'n verskeidenheid van beroepsmoontlikhede te ondersoek en 'n ekonomiese bydrae tot hulself en die gemeenskap te maak en
Bewus te word van Hoër Onderwys en beroepsontwikkelings moontlikhede.
Sillabusinhoud
- Afrika-kuns
- Vroë Christelike Kuns en Bizantynse kuns en argitektuur.
- Romaanse Kuns en Argitektuur
- Gotiese Kuns en Argitektuur
- Proto-renaissance in Italië
- Vroë Renaissance in Italië en die res van Europa
- Hoë Renaissance in Italië en die res van Europa
- Mannerisme in Italië en Spanje
- Barok in Italië, Frankryk, Spanje, Holland, Engeland.
- Rococo
- Neo-Klassisme
- Romantisisme
- Realisme
- Impressionisme
- Post-Impressionisme
Vakaktiwiteite
Leerders word aangemoedig om soveel moontlik uitstallings by te woon en om oor kuns te lees om hul kennis en insig uit te brei. Daar is 'n groep op Facebook met interessante kunsinligting by: https://www.facebook.com/groups/helpmekaarvisuelekuns/
Algemeen
- Vloeiende denke - die vermoë om aan baie idees oor 'n tema te dink, nie net een nie.
- Buigsame denke - die vermoë om aan baie kategorieë van idees te dink, nie net een nie: die Teenoorgestelde van rigiede denke. Openheid tot nuwe manier om sake te sien/verstaan.
- Uitbreiding - die vermoë om idees te ontwikkel en verfraai.
- Verbeelding - die vermoë om te visualiseer, veral deur middel van tekenwerk en sketse - genereer beelde deur middel van 'n verskeidenheid werktekeninge in die joernaal (nie tematiese tekeninge nie) en ander vorms van visualisering (foto's, collages, ens.) wat die probleemoplossingsproses toon wat die besluite oor visuele aanbieding beïnvloed.
- Nuuskierigheid en taakintensiteit - entoesiasme vir konseptuele en tegniese verkenning. Bewustheid dat daar meer is om te weet as wat mens reeds weet. Vasberadenheid om deur sensoriese persepsie te leer, om merke, beelde en/of voorwerpe te maak en konseptuele verkenning.
- Oorspronklikheid - die vermoë om 'n idee te genereer, geïndividualiseerde en
- ongewone idees, interpretasies, betekenisse, oplossings, beelde, kombinasies en/of voorwerpe.
- Kompleksiteit - die vermoë om 'n groot hoeveelheid idees gelyktydig te hanteer
- en die verbande tussen baie idees raak te sien, bv. verband tussen eie werk en die van ander
- Risikoneming - bereidwilligheid om dinge aan te pak wat onprakties/moeilik/nuut
- Vermoë om te eksperimenteer en nuwe tegnieke te probeer. Bereidwilligheid om nuwe style
- te probeer, bv. abstraksie, verwringing, figuratief, nie-figuratief. Bereidwilligheid om foute te
- maak en uit jou foute te leer.
- Konvergensie:
- Probleemomskrywing - die vermoë om 'n tema te verpersoonlik en persoonlike
- doelwitte, oogmerke te stel, belangstelling in 'n projek, onafhanklik. Gedissiplineerde
- Metakognisie - entoesiasme vir nadenke. Vermoë om jou eie idees, prosesse en praktyke
- selfondersoekend en terugwerkend te evalueer in die lig van nuwe leer en/of onvoorsiene
- Bereidwilligheid om weer terug te gaan na fases in die kreatiewe proses en
- veranderings en aanpassings waar nodig aan te bring.
Skryfbehoeftes
- Akrielverf
- verfkwaste
- 'n palet
- kunspotlode (4B, 6B)
- A4 Visuele Joernaal
- Portefeulje-leër
- Blou/swart Pen
- Kleurpotlode
- Leerders moet ook alternatiewe materiale aanskaf soos benodig vir hul idees. (Bv. Draad, houtskool, ink, gips, klei ens.)
Benaderingswyse (tot onderrig)
Die IEB riglyne vir Visuele Kuns is soos volg:
- Die vak Visuele Kuns verteenwoordig 'n breë veld van kreatiewe praktyke wat die hand, die oog, die intellek en die verbeelding in konseptualisering en skep van twee-dimensionele en drie-dimensionele objekte en omgewings wat die estetiese, konseptuele en ekspressiewe belang van indiwidue of groepe reflekteer.
- Die vak Visuele Kuns bied aan leerders 'n wyse waarop op 'n betekenisvolle wyse deelgeneem en gereageer kan word op hulle leefwêreld. Dit bied geleenthede om die leerders se intellek te stimuleer deur hul kreatiewe verbeelding te betrek deur visuele en tasbare belewenisse en die innoverende gebruik van materiale en tegnologie in die vergestalting van hulle idees. Dit verskaf 'n basis vir leerders om 'n individuele visuele taal te ontwikkel, wat op sy beurt weer gevorm word deur die delf in die visuele kultuur van die verlede en die hede.
- Die leerder moet toon dat hy/sy 'n kennisdomein van kunselemente en beginsels bemeester het.
- Leerder toon die vermoë om kontekstuele navorsing met die kreatiewe proses te integreer.
- Die leerder moet 'n vaardigheidsdomein bemeester geoefende en verhoogde perseptuele waarnemingvaardighede. Vermoë om fisiese kunsmateriale en -tegnieke bedrewe te gebruik met begrip en volle bewustheid van veiligheid en praktiese aspekte.
- Toepaslike gesindheid, bv. deursettingsvermoë, waagmoed, nuuskierigheid, verwondering, durf, openheid tot ervaring, openheid tot oomblikke van helderheid, verdraagsaamheid teenoor dubbelsinnigheid, selfondersoek, spontaniteit.
Sillabusinhoud
IEB riglyne vir Temas wat in Graad 11 bestudeer word:
Manifestering van samelewingstelsels
- Kuns en mag
- Manifestasies van mag
- Propaganda
- Kuns en geslag: Voorstelling versus Waarneming Seksualiteit en sensualiteit Die naakstudie
Veranderings in voorkoms
- Impak van tegnologie
- Fotografie/Kinematografie
- Nuwe materiale
- Kleurteorieë
- Industrialisasie
- Groeiende wêreldwye kommunikasiestelsels Die wêreld word kleiner Kulturele grense afgebreek
Verken die waarheid
- Ideaal versus realiteit
- Gewenste waarhede teenoor uitgebeelde/verwesenlikte waarhede
- Getrou aan material Bepaal die prentvlak/beweeg weg van skep van illusie
Hierdie temas word bestudeer deur te kyk na voorbeelde van Internasionale Kuns: Vanaf Dada tot met Kontemporere kuns en Suid-Afrikaanse kuns vanaf 1900 tot hedendaagse kuns.
Vakaktiwiteite
Leerders word aangemoedig om soveel moontlik uitstallings by te woon en om oor kuns te lees om hul kennis en insig uit te brei. Daar is 'n groep op Facebook met interessante kunsinligting by: https://www.facebook.com/groups/helpmekaarvisuelekuns/
Algemeen
- Vloeiende denke - die vermoë om aan baie idees oor 'n tema te dink, nie net een nie.
- Buigsame denke - die vermoë om aan baie kategorieë van idees te dink, nie net een nie: die Teenoorgestelde van rigiede denke. Openheid tot nuwe manier om sake te sien/verstaan.
- Uitbreiding - die vermoë om idees te ontwikkel en verfraai.
- Verbeelding - die vermoë om te visualiseer, veral deur middel van tekenwerk en sketse - genereer beelde deur middel van 'n verskeidenheid werktekeninge in die joernaal (nie tematiese tekeninge nie) en ander vorms van visualisering (foto's, collages, ens.) wat die probleemoplossingsproses toon wat die besluite oor visuele aanbieding beïnvloed.
- Nuuskierigheid en taakintensiteit - entoesiasme vir konseptuele en tegniese verkenning. Bewustheid dat daar meer is om te weet as wat mens reeds weet. Vasberadenheid om deur sensoriese persepsie te leer, om merke, beelde en/of voorwerpe te maak en konseptuele verkenning.
- Oorspronklikheid - die vermoë om 'n idee te genereer, geïndividualiseerde en
- ongewone idees, interpretasies, betekenisse, oplossings, beelde, kombinasies en/of voorwerpe.
- Kompleksiteit - die vermoë om 'n groot hoeveelheid idees gelyktydig te hanteer
- en die verbande tussen baie idees raak te sien, bv. verband tussen eie werk en die van ander
- Risikoneming - bereidwilligheid om dinge aan te pak wat onprakties/moeilik/nuut
- Vermoë om te eksperimenteer en nuwe tegnieke te probeer. Bereidwilligheid om nuwe style
- te probeer, bv. abstraksie, verwringing, figuratief, nie-figuratief. Bereidwilligheid om foute te
- maak en uit jou foute te leer.
- Konvergensie:
- Probleemomskrywing - die vermoë om 'n tema te verpersoonlik en persoonlike
- doelwitte, oogmerke te stel, belangstelling in 'n projek, onafhanklik. Gedissiplineerde
- Metakognisie - entoesiasme vir nadenke. Vermoë om jou eie idees, prosesse en praktyke
- selfondersoekend en terugwerkend te evalueer in die lig van nuwe leer en/of onvoorsiene
- Bereidwilligheid om weer terug te gaan na fases in die kreatiewe proses en
- veranderings en aanpassings waar nodig aan te bring.
Skryfbehoeftes
- Akrielverf
- verfkwaste
- 'n palet
- kunspotlode (4B, 6B)
- A4 Visuele Joernaal
- Portefeulje-leër
- Blou/swart Pen
- Kleurpotlode
- Leerders moet ook alternatiewe materiale aanskaf soos benodig vir hul idees. (Bv. Draad, houtskool, ink, gips, klei ens.)
Benaderingswyse (tot onderrig)
Die IEB riglyne vir Visuele Kuns is soos volg:
- Die vak Visuele Kuns verteenwoordig n breë veld van kreatiewe praktyke wat die hand, die oog, die intellek en die verbeelding in konseptualisering en skep van twee-dimensionele en drie-dimensionele objekte en omgewings wat die estetiese, konseptuele en ekspressiewe belang van indiwidue of groepe reflekteer.
- Die vak Visuele Kuns bied aan leerders n wyse waarop op n betekenisvolle wyse deelgeneem en gereageer kan word op hulle leefwêreld. Dit bied geleenthede om die leerders se intellek te stimuleer deur hul kreatiewe verbeelding te betrek deur visuele en tasbare belewenisse en die innoverende gebruik van materiale en tegnologie in die vergestalting van hulle idees. Dit verskaf n basis vir leerders om n individuele visuele taal te ontwikkel, wat op sy beurt weer gevorm word deur die delf in die visuele kultuur van die verlede en die hede.
- Die leerder moet toon dat hy/sy 'n kennisdomein van kunselemente en -beginsels bemeester het.Leerder toon die vermoë om kontekstuele navorsing met die kreatiewe proses te integreer.
- Die leerder moet 'n vaardigheidsdomein bemeester - geoefende en verhoogde perseptuele waarnemingvaardighede. Vermoë om fisiese kunsmateriale en -tegnieke bedrewe te gebruik met begrip en volle bewustheid van veiligheid en praktiese aspekte.
- Toepaslike gesindheid, bv. deursettingsvermoë, waagmoed, nuuskierigheid, verwondering, durf, openheid tot ervaring, openheid tot oomblikke van helderheid, verdraagsaamheid teenoor dubbelsinnigheid, selfondersoek, spontaniteit
Sillabusinhoud
IEB riglyne vir temas wat in Graad 12 bestudeer word:
Bewustheid van sielkunde en gedrag.
Voortdurende invloed van tegnologie:
- Nuwe media (rekenaargesteunde kuns, video's en tegnologiese werktuie)
- Betekenis deur medium
Manifestering van samelewingstelsels:
- Sosiale, politieke, historiese, ekonomiese aspekte
- Globalisasie
- Kuns en geslag: Feminisme
- Kuns as idee
Konsep vs. produk
Bykomende tema vir Suid-Afrikaanse afdeling:
Manifestering en verkenning van ʼn Afrika identiteit
Hierdie temas word bestudeer deur te kyk na voorbeelde van Internasionale Kuns: Vanaf Dada tot met Kontemporere kuns en Suid-Afrikaanse kuns vanaf 1900 tot hedendaagse kuns.
Vakaktiwiteite
Leerders word aangemoedig om soveel moontlik uitstallings by te woon en om oor kuns te lees om hul kennis en insig uit te brei. Daar is 'n groep op Facebook met interessante kunsinligting by: https://www.facebook.com/groups/helpmekaarvisuelekuns/
Algemeen
Die IEB se riglyne vir sukses in Visuele Kuns:
- Vloeiende denke - die vermoë om aan baie idees oor 'n tema te dink, nie net een nie.
- Buigsame denke - die vermoë om aan baie kategorieë van idees te dink, nie net een nie: die Teenoorgestelde van rigiede denke. Openheid tot nuwe manier om sake te sien/verstaan.
- Uitbreiding - die vermoë om idees te ontwikkel en verfraai.
- Verbeelding - die vermoë om te visualiseer, veral deur middel van tekenwerk en sketse - genereer beelde deur middel van 'n verskeidenheid werktekeninge in die joernaal (nie tematiese tekeninge nie) en ander vorms van visualisering (foto's, collages, ens.) wat die probleemoplossingsproses toon wat die besluite oor visuele aanbieding beïnvloed.
- Nuuskierigheid en taakintensiteit - entoesiasme vir konseptuele en tegniese verkenning. Bewustheid dat daar meer is om te weet as wat mens reeds weet. Vasberadenheid om deur sensoriese persepsie te leer, om merke, beelde en/of voorwerpe te maak en konseptuele verkenning.
- Oorspronklikheid - die vermoë om 'n idee te genereer, geïndividualiseerde en
- ongewone idees, interpretasies, betekenisse, oplossings, beelde, kombinasies en/of voorwerpe.
- Kompleksiteit - die vermoë om 'n groot hoeveelheid idees gelyktydig te hanteer
- en die verbande tussen baie idees raak te sien, bv. verband tussen eie werk en die van ander
- Risikoneming - bereidwilligheid om dinge aan te pak wat onprakties/moeilik/nuut
- Vermoë om te eksperimenteer en nuwe tegnieke te probeer. Bereidwilligheid om nuwe style
- te probeer, bv. abstraksie, verwringing, figuratief, nie-figuratief. Bereidwilligheid om foute te maak en uit jou foute te leer.
Konvergensie:
- Probleemomskrywing - die vermoë om 'n tema te verpersoonlik en persoonlike
- doelwitte, oogmerke te stel, belangstelling in 'n projek, onafhanklik. Gedissiplineerde Metakognisie - entoesiasme vir nadenke. Vermoë om jou eie idees, prosesse en praktyke selfondersoekend en terugwerkend te evalueer in die lig van nuwe leer en/of onvoorsiene aspekte. Bereidwilligheid om weer terug te gaan na fases in die kreatiewe proses en veranderings en aanpassings waar nodig aan te bring.