Gevorderde Program Afrikaans (GP)

Benaderingswyse (tot onderrig)

In 2012 het 'n wonderlike geleentheid Afrikaans Huistaal by die IEB-skole te beurt geval! Almal ken reeds GP-Wiskunde, pas het GP-Engels hul eerste eksamen agter die rug, en toe, in Desember, word dié Program ook aan Afrikaans toegeken.

In 2013 het ons ons eerste Matriekeksamen geskryf. Helpmekaar was die enigste skool en ons leerders het uitmuntend gevaar.

Die vak is geskoei op die patroon van die A-levels-kwalifikasie in Engeland en bestaan uit die studie van Letterkunde: Prosa (romans), Drama/Film en Poësie. Die kursus strek oor drie jaar vanaf Graad 10 met 'n eksterne eksamen aan die einde van Matriek. Die uitslae word, soos die ander Gevorderde Programme, nie ingesluit op die Matrieksertifikaat nie, maar as 'n aparte formele dokument uitgereik.

Sillabusinhoud

'n Lys van tien romans deur van ons bekendste skrywers, vanaf die 1940's tot hede, is opgestel. Ook 'n lys van tien dramas vanaf die 1950's tot vandag deur bekende dramaturge, tien Afrikaanse rolprente en dan natuurlik ons Afrikaanse poësie van aanvang tot hede. Die gedigte en digters is ingedeel volgens ons konvensionele tydperke, beginnende by die Vroegste digters, voor 1900 en eindig sewe tydperke later by 1994 en verder... Die groot jammerte is dat ons keuses moes uitoefen en nie al die digters in elke tydperk kan bestudeer nie! Elke tydperk bevat ongeveer vyf tot sewe gedigte deur verskillende digters van daardie era wat die kenmerke van die tyd sowel as die kenmerke van die digter se poësie verteenwoordig. Elke drie jaar word al die lyste hersien en kom ander tekste weer aan die beurt in al die genres.

'n Jaargroep moet kies tussen drama en film vir die kursus. Drama/film en romans word bestudeer binne 'n deurlopende tema. As die eerste tema is goedgedink om Min en Onmin, 'n tema wat soos 'n goue draad deur so baie van ons Afrikaanse werke loop, te kies. Die volgende tema vanaf 2016 is Enkeling en Samelewing.

Interne assesserings vind plaas soos gepas met 'n 3-uur vraestel in die Matriek- eindeksamen. Daar is drie vrae: 'n Verpligte poësievraag; 'n vraag wat prosa en drama/film betrek en 'n filosofies-besinnende vraag oor die leerder se leesgeskiedenis/ervaring. Al drie vrae vereis literêre opstelle. Elke vraag bevat 'n aanhaling waarop die leerder moet reageer in die opstel deur gebruik te maak van minstens twee dramas/films en twee romans wat bestudeer is (vraag 1), en minstens twee poësietydperke (vraag 2). Vir die meer omvattende vraag verwys die leerder na die Letterkunde-tekste wat hy/sy bestudeer het sowel as ander werke binne sy leeswêreld (vraag 3). Elke leerder berei tekste, wat hy/sy self kies uit die lys wat ons gedoen het, voor vir die vraestel. Graad 10 en 11 se vraestel is korter as die 3-uur vraestel in Matriek omdat ons dan nog nie al die tekste bespreek het nie.

Algemeen

Wie kan dit doen?

Dit is nie 'n kursus net vir die "slimmes'' nie! Enigiemand wat graag lees en belangstel in ons Afrikaanse literatuur en graag daaroor wil gesels en debatteer en tyd het, is welkom.

Sommige skole begin eers in Graad 11 met die kursus. Hulle doen dan 'n verkorte kursus wat meer eksamengerig is. By Helpmekaar verwelkom ons ook leerders tot in die derde termyn van Gr. 11. Dis nogal jammer omdat daardie leerders nie die wonderlike reikwydte van die Program ervaar nie. Dit is egter so dat die ou vyand, Tyd, maar ook hier 'n slagyster kan wees, maar ons onderwysers weet mos al Tyd bestaan nie, ons Maak dit

Wanneer word dit gedoen?

Dis 'n naskoolse vak soos die ander Gevorderde Programkursusse ook is. Leerders lees die tekste en berei voor vir 'n klas, een keer per week, ongeveer een-en-'n-halfuur tot twee uur lank. Die leerders of die skool koop die tekste aan vir gebruik. Die onderwyser gee leiding en riglyne vir die besprekings. Leerders lees net wanneer hul kan, veral naweke, langnaweke en vakansies. En hulle kry dit reg!

Hoe doen ons dit?

Ons ontmoet een keer per week met die Gr. 10's, 11's en 12's onderskeidelik, na skool vanaf 14:00 tot ongeveer 15:30. 'n Kort besprekingsprogram word vir elke boekbespreking opgestel en dan neem almal deel. Die romans en dramas bespreek ons eers volgens genre en inhoud en dan takel ons die tema soos dit in die betrokke werk voorkom. Gewoonlik neem ons so twee tot drie weke vir elke teks. Ons geniet dit om die dramas in die klas saam en in rolle te lees en dan te bespreek. Die leerders kies self die volgende teks!

Met die gedigte kry die leerders 'n uitdeelstuk met 'n opsomming van die historiese en maatskaplik-polities-ekonomiese omstandighede, algemene kenmerke van die digkuns en inligting oor die digters van elke tydperk, en dan kry elke leerder 'n gedig om voor te berei vir bespreking en toepassing binne die tydperk en tydsgees. Almal dra dan by om hul insigte oor die betrokke gedigte te deel.

Omdat ons tot op hede nog kleinerige groepe is, is die besprekings lewendig en almal neem deel. Dit gons! Almal geniet die "andersheid" van hierdie klasse vergeleke by die gewone klassituasies van ontledings van gedigte en prosa/drama. Die doelstelling verskil en dit bepaal die metode en trant. Die gretigheid waarmee elkeen deelneem, is verstommend. Het almal die boek geniet, vlieg hulle; het dit minder in hul smaak geval, skeur hulle dit aan flarde. En stry! Heerlik! Elke termyn skryf hulle 'n eksamenvraestel om te oefen vir die grote aan die einde van Matriek.

Ons het nooit kon dink dat hierdie kursus soveel genot en entoesiasme by die leerders sou wek nie. Hier word Lekkerkunde bedryf! Interessant is dat niemand eintlik 'n nuttigheidsfaktor aan die kursus probeer koppel nie. Tog is dit duidelik hoe dit hulle as lesers en jongmense verryk en hul insig verskerp sowel as om hulle redeneer- en analitiese vermoëns ongelooflik te ontwikkel, te slyp en uit te brei. En hulle lees Afrikaanse tekste wat hul andersins dalk nooit sou gelees het nie!

As enigeen meer inligting hieroor wil hê, kontak my gerus by carolk075@gmail .com Ek stuur graag meer inligting oor die beleidsdokument en die lyste van gekose werke en gedigte. Ek kan ook op selfoonnommer 074 464 7199 of persoonlik in die bibliozone van Helpmekaar bereik word vir meer inligting.

Carol Kriel