Afrikaans

Benaderingswyse (tot onderrig)

Huistaal is ’n instrument wat gebruik word vir denke en kommunikasie. Dit is ook ’n kulturele en estetiese middel wat mense deel om beter sin te kan maak van die wêreld waarin hulle leef. Die doeltreffende gebruik van taal stel leerders in staat om kennis te verwerf; hulle identiteit, gevoelens en idees uit te druk; interaksie met mekaar en ander te hê en om hulle eie leefwêreld te bestuur. Dit voorsien leerders ook van ’n ryk, kragtige en diepgewortelde stel beelde en idees wat hulle kan gebruik om hulle wêreld te verander en beter te verstaan. Kulturele diversiteit en sosiale verhoudings word opgebou en aangeknoop deur die gebruik van taal. Hierdie verhoudings en sosiale konstruksies word deur taal verbreed en verfyn.

Afrikaans Huistaal  is die voertaal van die skool en daarom is dit ons erns om hierdie taal-en vakgebied op so `n manier te bedryf dat die leerders kennis en vaardighede opdoen wat hul lewenslank sal bybly as leeftaal en werkstaal.

Daar is `n progressiewe samehang in die onderrigprogram en die steierprogram word jaarliks hersien.

Vakwerkswyse

Handboeke word jaarliks hersien om te verseker dat die beste moontlike boeke gebruik word.  Graad 11- en 12-onderwysers moet jaarliks die IEB se Nasionale Konferensies en / of   vakgroepvergaderings bywoon om op hoogte te bly van verwikkelinge binne die vak.

Leerders mag, indien nodig, onderwysers nader vir ekstra hulp in die middae na skool. Indien die leerder se onderwyser nie beskikbaar is nie, of indien die leerder dit so verkies, mag ander onderwysers in die department ook hulp verleen by hierdie klasse.

KURRIKULUMSTRUKTUUR

Die taalvaardighede

Uitkomste in Afrikaans Huistaal:

Alle onderrig en assessering word gebaseer op CAPS-versnelling vir graad 8 en 9 en Subject Assessment Guidelines (SAGS) vir graad 10 – 12.

Die Huistaalkurrikulum word volgens die volgende vaardighede gestruktureer.

1 Luister en praat
2 Lees en kyk
3 Skryf en aanbied
4 Taalstrukture en -konvensies

Benaderings tot die leesvraestel en taalonderrig

Die benaderings tot taalonderrig is teksgebaseerd, kommunikatief, geïntegreerd en prosesgeoriënteerd. Die teksgebaseerde en kommunikatiewe benaderings is beide afhanklik van die voortdurende gebruik en skep van tekste.

Die teksgebaseerde benadering ondersoek die manier waarop tekste werk. Die doel van die teksgebaseerde benadering is om leerders in staat te stel om vaardige, vrymoedige en kritiese lesers, skrywers, besigtigers en ontwerpers van tekste te word. Dit sluit in die luister en kyk na, en lees en ontleding van tekste om te verstaan hoe dit saamgestel is en watter effekte dit het. Deur hierdie kritiese interaksie ontwikkel leerders die vermoë om tekste te evalueer. Die teksgebaseerde benadering sluit ook die skep van verskillende tekste vir spesifieke doelwitte en teikengroepe in. ’n Begrip van die manier waarop tekste saamgestel word, rugsteun hierdie benadering.

Die kommunikatiewe benadering beteken dat ’n leerder baie blootstelling aan die teikentaal moet kry. Leerders moet dus geleenthede gebied word waarin hulle die taal kan gebruik en beoefen vir sosiale en praktiese doeleindes.

Die vaardighede van lees en kyk word aangeleer deur baie te lees en die vaardighede in skryf en aanbied word versterk deur baie te skryf.

Taalonderrig vind plaas op geïntegreerde wyse waar die onderwyser goeie praktyke demonstreer en die leerders hierdie praktyke inoefen voordat hulle dit onafhanklik toepas. Elke les behoort eers die hele klas te betrek waarna leerders die vaardigheid in groepverband oefen voordat hulle dit op hul eie toepas.

Die prosesbenadering word gebruik wanneer leerders mondelinge en geskrewe tekste skep. Leerders is betrokke by die verskillende stadiums van die luister-, praat-lees- en skryfproses. Hulle moet gedurende hierdie prosesse aan die teikengehoor en die doel van die teks dink. Dit sal hulle daartoe in staat stel om op ’n natuurlike wyse te kommunikeer en hul idees oor te dra. So, byvoorbeeld, fokus die onderrig van skryf nie net op die produk nie, maar ook op die skryfproses. Gedurende die skryfproses word die leerders geleer om idees te ontwikkel, om oor die teikengroep en doel te dink, om konsepte te skryf, hulle werk te redigeer en om ’n geskrewe produk wat hulle eie denke weergee, aan te bied.

Benaderings tot die onderrig van  taalstrukture en-konvensies:

Die onderrig van taalstrukture behoort op die manier waarop die taal gebruik word te fokus, bv. hoe om betekenis te skep, hoe om probleme en belangstellings aan te spreek, vriende en kollegas te beïnvloed, en hoe om ’n ryk sosiale lewe te skep. Die onderrig van taalstrukture behoort ’n middel te wees om dinge gedoen te kry.

Die onderrig van taalstrukture/grammatiese strukture is daarom teksgebaseerd, kommunikatief en geïntegreerd.

Benaderings tot die skryfvraestel en die onderrig van letterkunde:

Die onderrig van letterkunde behoort te fokus op onderrig vir begrip en sluit in die leesproses en strategieë (pre-lees, tydens lees en post/na-lees). Die belangrikste rede vir die lees van letterkunde in die klaskamer is om by leerders ’n sensitiwiteit te wek vir taal wat meer verfynd, letterkundig, figuurlik, simbolies en betekenisvol gebruik word. Terwyl die meeste literêre tekste geskryf is vir genot, vermaak en uitbeelding, skryf ernstige skrywers prosawerk, dramas en gedigte oor hulle eie idees, gedagtes, beginsels, ideologieë, geloofsoortuigings en kwessies wat hulle wil uitbeeld en verwoord en wat hulle met voornemende lesers wil deel. Hulle verbeeldingryke taalgebruik is waardetoevoeging tot hulle skeppende werk.

Die onderrig van letterkunde is nie altyd maklik nie, maar dit is onmoontlik sonder die persoonlike en eerlike interpretasie en kommentaar van die leerders. Indien ’n leerder ’n literêre teks nie self verstaan nie, het hy/sy nie veel geleer nie. Onderwysers moet daarteen waak om hulle eie interpretasies en idees oor literêre tekste aan leerders oor te dra. Hulle moet eerder soveel as moontlik leerderdeelname in die klas toelaat. Interpretasie gaan nie oor wat reg of verkeerd is nie, maar oor wat binne konteks van die literêre teks vir die leerder betekenisvol is.

Die beste benaderings tot die onderrig van letterkunde sluit onder andere die volgende in:

  • Probeer om soveel as moontlik van die teks, sonder enige onderbreking van ander aktiwiteite, in die klas te lees. Dit behoort nie meer as twee weke te neem nie. Dit is belangrik dat die leerders die elementêre betekenisvlak van die teks moet verstaan. Indien daar te veel tyd aan die lees van ’n teks in die klas spandeer word, ondermyn dit ’n duidelike begrip van die storielyn en intrige. Sommige leerders kan ’n teks sonder enige ondersteuning lees en dit moet aangemoedig word. Poësie moet onderrig word, nie gedigte nie. Lees soveel as moontlik gedigte in die klas. Maak seker leerders skryf ook hul eie gedigte in die klas.
  • Literêre interpretasie is eintlik ’n universiteitsvlak-aktiwiteit en leerders in hierdie fase het nie nodig om hierdie gevorderde vlak van interpretasie aan te leer nie. Die doel van die onderrig van literêre tekste is om aan die leerders te wys hoe hulle huistaal subtiel, intelligent, verbeeldingryk en vindingryk gebruik kan word. Dit beteken dat die skepping, manipulering en herrangskikking van tekste om te verduidelik en te beklemtoon, van nader ondersoek moet word. Só ’n ondersoek beteken dat die funksie en betekenis van beeldspraak en stylfigure, sinstrukture, paragraafstrukture, die innerlike en uiterlike bou van ’n gedig, woordkeuse, deurlopende motiewe, die gebruik van simboliek, kleur en klank geëksamineer kan word. Die meeste van hierdie werk moet teksgebaseerd wees, maar reël vir reël ontleding doen afbreek aan die subtiliteit van die teks.

Vir prosatekste word gewoonlik `n beredenerende opstel vereis en vir die drama `n mini-essay wat betogend van aard is. Interne vraestelle kan die aard van die werk weerspieël soos dit deur die loop van die jaar behandel is.

  • Kreatiewe skryfwerk moet nou aansluit by die studie van enige literêre teks. Skryfaktiwiteite, wat ’n deeglike begrip van die voorgeskrewe literêre tekste vereis, help leerders om voorgeskrewe letterkunde beter te Klasbesprekings is sinvol indien elke leerder daaraan deelneem, maar klasbesprekings wat tot skryfaktiwiteite lei, is meer waardevol en dit bevorder die onderrig van die lees-, skryf- en taalvaardighede.

Benaderings tot die onderrig van lees:

Graad 8 tot 11 moet ten minste een roman per termyn lees.

Graad 12-leerders moet ten minste sewe leesboeke gelees het ter voorbereiding van die mondelinge moderering wat deur `n eksterne moderator sal plaasvind.

Een luistertoets per termyn word in elke graad afgeneem.

Werksprosedures:

Vaklêer inhoud:

Elke graadbeplanner het `n vakleêr vir `n spesifieke graad. Hierdie lêer behoort ten minste die volgende te bevat:

Vakbeleid:

1. CAPS / SAGS (nuutste weergawes)

2.  National Curriculum Statement (grade 10 – 12)

3.  Jaarplan

4.  Termynplan (verkieslik weekliks)

5.  Lesbeplannings

6.  Toetse, memo's en die Blooms-taksonomie

7.  Vakvergaderings:  Vergaderings word ten minste twee-weekliks        gehou.

Verryking:

Verryking vind plaas deur onder andere jaarlikse IEB-konferensies, vakgroepvergaderings wat op 'n kontinue-basis plaasvind, skrywersbesoeke aan die skool en interdepartementele opleiding.

Huiswerk:

Huiswerk moet gekontroleer word. Die onderwyser gebruik die Adam-stelsel om rekord te hou van leerders wie se huiswerk op ‘n gereelde basis nie gedoen is nie. Indien ‘n spesifieke leerder herhaaldelik nie huiswerk doen (of slegs gedeeltelik doen), moet die leerder se ouers op hierdie wyse gekontak word. Opvangklasse op 'n Vrydagmiddag in die Bibliozone word ingespan om leerders onder toesig en met die nodige ondersteuning agterstallige werk te laat inhaal.

Klaskamerprosedures:

Dit is belangrik dat die klas-atmosfeer die inhoud van die vak weerspieël. Dit kan bereik word deur toepaslike hulpmiddels in die klas te vertoon en te gebruik. Neologismes moet weekliks aangevul word om die leerders se woordeskat uit te brei.

Portefeuljes:

Leerders het `n assesserings- en mondelingportefeulje. Die mondeling-portefeulje word van jaar na jaar oorgedra om die leerder se leesprestasie te monitor. Die portefeuljes moet te alle tye in die klas beskikbaar wees. Dit geld vir alle grade (8 tot 12) en mag nie verwyder word sonder die onderwyser se toestemming nie.

ASSESSERING

Assesserings word opgestel deur die persoon wat geïdentifiseer word deur die vakhoof. Hierdie skedule vir die jaar sal in die eerste week van die jaar aan alle onderwysers in die departement gegee word.

Formele assessering geskied een maal per termyn deur ‘n termyntoets en een maal per termyn deur ‘n eksamen. Verwys na die skool se Assesseringsbeleid in terme van moderering van vraestelle voor en na die skryf daarvan.

Deurlopende Assessering geskied deur middel van huiswerk, klastoetse, take, mondelings, ens.

Take mag as individuele of groepswerk gedoen word.

Alle toetse wat in die groep gedeel word, moet voor die toets geskryf word (saam met ‘n memo), aan mede-onderwysers en die vakhoof gegee word vir moderering.

Enige afwykings van die memo moet onder die aandag gebring word (en bespreek word) met die vakhoof en ander onderwysers wat die vak deel.

Indien ‘n leerling op die toetsdatum afwesig is, mag hy/sy die toets op ‘n latere datum skryf as ‘n doktersertifikaat ingehandig word of ‘n spesiale reëling getref is.

Elke onderwyser moet volledig rekord hou van punte.  Die Adamstelsel word hier effektief aangewend.

Termynpunte moet bereken word deur die formule waarop voorheen ooreengekom is deur die betrokke onderwysers en die vakhoof. Die gewigte van die assesserings moet vooraf op die beplanning aangedui word, sodat elke onderwyser in die groep bewus is van die gewigte vir die termyn.

Dit is elke onderwyser se verantwoordelikheid om punte elke termyn op Adam in te lees.

Elke eksamen vanaf April Graad 11 moet in dieselfde formaat as die finale Graad 12-eksamen wees. Dit behels dus dat TWEE vraestelle van drie-uur elk geskryf moet word.

Alle vraestelle met ‘n memorandum, sowel as ‘n ontleding van Blooms se Taksonomie, moet tien dae voor die skryfdatum by die vakhoof ingedien word vir moderering. Die herstelde poging word dan aan die interne moderator gestuur saam met die eerste gemodereerde poging.

Vakverslae oor elke kind word aan die einde van die eerste en tweede termyn geskryf om kommentaar te lewer op elke leerder se werk en prestasie en dit word opgevolg met 'n oueraand-bespreking.

Die termynpunt sal bestaan uit assessering 1 (termyntoets) en 2 (klastoetse en opdragte). Die verhouding tussen assessering 1 en assessering 2 kan aangepas word afhangende van die hoeveelheid toetse en opdragte wat gedurende die termyn gedoen is.

Afrikaans as vaktaal in Helpmekaar word dus as 'n instrument gebruik om holistiese denke te bevorder, belangstelling in die taal te kweek en om van ons moderne tieners passievolle taalburgers te maak.

Sillabusinhoud

Die verskillende kulturele, tegniese en kritiese geletterdhede wat nodig is vir doeltreffende deelname aan die samelewing word gekonsentreer en deur middel van onderrig en assessering geïntegreer, nl. luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbied en toepassing van taalkonvensies.  Die fokus lê op hoë kennis- en vaardigheidsvlakke, integrasie en toegepatse bevoegdhede en kritiese, kreatiewe denke.

Vakaktiwiteite

Nasionale Afrikaans-Olimpiade, Afrikaans-Expo,  Skryfkompetisie, WOW-spelfees en verskeie ander vakverwante aktiwiteite wat redenaars, spraakgilde, debat en toneel insluit.

Algemeen

Met Helpmekaar wat in 1925 die eerste Afrikaanse skool in Johannesburg geword het en die leuse “KOMAAN” wat `n titel van een van die digter, Jan F. Cilliers se gedigte is, het die skool `n ryke geskiedenis in sy moederskoot toegeweef. Omdat die 21 ste eeu ook ander uitdagings het, hou Afrikaans Huistaal tred met geletterdhede soos die gebruik van die media, grafiese voorstellings, rekenaars en kulturele en kritiese geletterdheid.

In Afrikaans berei ons die leerders veral voor om logies en analities te dink sodat dit holisties en lateraal gebruik kan word. Die taalkurrikulum berei leerders daarom spesifiek voor vir die uitdagings wat hulle as Suid-Afrikaners en as lede van die wêreldgemeenskap in die gesig staar.  Deur taal word kulturele diversiteit en sosiale betrekkinge gekonstrueer en uitgedruk en met hierdie instrument vir denke en kommunikasie kan leerders in interaksie tree met ander en hul eie leefwêreld vaardig bestuur.

Hoe pas die legkaartstukke inmekaar?

  • Agtergrond
  • Oorsig
  • Kurrikulumstruktuur
  • Taalstrukture en -konvensies
  • Werksprosedures
  • Assessering
  • Rekordhouding en rapportering