Benaderingswyse (tot onderrig)
Ons is ongelooflik lief vir ons vak en ons hoop ons sal dieselfde liefde en belangstelling vir die vak by jou kweek.
Wat is die doelwitte wat in die vak bereik moet word?
1 Konstruering en toepassing van kennis
2.1 Die leerder ontsluit kennis
2.2 Die leerder interpreteer kennis
2.3 Die leerder pas verworwe kennis toe
2 Wetenskaplike proses en probleemoplossings
1.1 Leerder identifiseer en bevraagteken verskynsels
1.2 Leerder voer 'n ondersoek uit deur die insameling en manipulering van data
1.3 Leerder analiseer, sintetiseer en evalueer data
3 Lewenswetenskappe, tegnologie en die samelewing
3.1 Die leerder verken en evalueer wetenskaplike opvattings
3.2 Die leerder vergelyk en evalueer die ontwikkeling van hulpbronne en omgewingsvraagstukke
3.3 Die leerder vergelyk invloed van waardes op wetenskap
Sillabusinhoud
'n Kort oorsig:
- Die gebruik van apparaat, materiaal en ander hulpmiddels in Lewenswetenskap
- Basiese vaardighede
- Ekologie - die studie van die biotiese en abiotiese faktore in die omgewing
- Grond - hoe ontstaan grond, grondtipes, plante en diere se afhanklikheid van grond
- Interafhanklikheid van organismes – rol van plante en diere in die gemeenskap, voedselkettings, voedselpiramides , voedselwebbe, natuurewewig en balans
- Simbioses in die natuur (saamleef van organismes)
- Aanpassings van organismes by hulle omgewing
- Die mens en sy omgewing
- Bevolkingsdinamika
Vakaktiwiteite
Vakaktiwiteite:
Toetse en opdragte: ( Sien die assesseringskedule van elke termyn vir datums)
Klastoetse
Daar sal van tyd tot tyd klein klastoetse geskryf word. Dit sal gewoonlik handel oor 'n klein gedeelte van die werk.
Opdragte
Daar is verskeie opdragte waarvoor jy punte gaan verdien, daarom is dit belangrik dat jy hulle goed moet beplan en betyds inhandig. Sommige is skriftelik en ander meer mondelings van aard.
Werkswyse
- Inplak van notas:
Omdat jou skrif ook deel vorm van jou handboek, is dit belangrik dat jy jou notas soos volg inplak:
- Notas wat net aan die een kant afgerol is, word altyd vol neergeplak
- Notas wat aan beide kante afgerol is, word so ingeplak dat hulle altyd van regs na links kan omblaai.
- Datums en opskrifte:
- Alle tuiswerk en klaswerk moet van 'n datum voorsien word.
- Portefeuljelêer:
- Jy moet 'n aktiwiteitslêer aanskaf waarin al jou toetse en skriftelike opdragte geliasseer kan word en wat in die klas bly.
- Berekening van punte:
- Jy skryf jou amptelike toetse soos op die assesseringskedule van elke termyn aangedui. Bo en behalwe bogenoemde sal jy ook van tyd tot tyd kleiner toetse skryf. Klasopdragte kan ook bydra tot jou termynpunte.
- Huiswerk:
- Dit is deel van jou studies en moet met alle erns voltooi en betyds beskikbaar wees. Boeke by die huis vergeet, word gereken as huiswerk nie gedoen nie. Elke dag se werk moet daardie dag opgesom word ter vaslegging van die dag se werk.
Algemeen
Ekstra lesse kan met jou betrokke onderwyser gereël word op ‘n datum en tyd wat julle pas. Dit kan tydens pouses of na skool geskied.
Skryfbehoeftes
Leerders koop eie skryfbehoeftes jaarliks aan – sien Skryfbehoeftelys wat jaarliks opdateer word.
Handboeke
Handboeke wat gebruik word, word jaarliks hersien en in Septembermaand word handboeke dan deur die skool bestel. Ouers koop dus boeke aan deur die skool. Soms is daar nie ‘n geskikte handbook nie, dan word notagelde gehef in die plek daarvan.
Benaderingswyse (tot onderrig)
Lewenswetenskappe is een van die noodsaaklike vakke wat saak maak in die lewe – en iets wat elke dag rondom ons en in ons ‘n realiteit is. Die vak behels die leer van baie feite, so daaglikse opsommings is belangrik om al jou kennis vas te lê.
Sillabusinhoud
Termyn 1
- Biologievaardighede (Grafieke, Tabelle, Sketsreëls, Digotome sleutels, Vloeidiagram, berekeninge)
- Leer oor lewe.
- Funksies van lewende organismes.
- Die mikroskoop
- Om ‘n ligmikroskoop te gebruik
- Mikroskoopskyfies en nat monterings
- Mikrograwe en bewerkings
- Struktuur en funksies van selle
- Basiese struktuur
- Die plantsel en al sy organelle
- Die diersel en al sy organelle
- Seldeling
- Mitose
- Kanker
Termyn 2
- Gaswisseling
- Wat is gaswisseling?
- Die struktuur en funksie van jou asemhalingsapparaat
- In- en uitaseming
- Hoe vind gaswisseling plaas?
- Die alveoli en hul bloedtoevoer
- Gaswisselingsoppervlakte
- Vervoer van gasse in die liggaam
- Siektes en toestande van die asemhalingstelsel
Termyn 3
- Voeding by die mens
- Die struktuur en funksie van die spysverteringskanaal
- Hoekom moet ons eet
- Voedselsoorte
- Vitamiene en voedingstowwe
- Die spysverteringstelsel
- Die spysverteringsproses
- Absorpsie, assimilasie en uitskeiding
- Probleme rondom voeding
Vakaktiwiteite
Weksopdragte, take, toetse, ens. word deurlopend uitgevoer.
Algemeen
- Som elke dag alle werk op en leer d.m.v. herhaling
- Wees bewus van wat om jou in die lewe aangaan- dit sal jou goed toerus om toepassingsvrae en eie opinievrae te beantwoord
- Ken jou LW-vaardighede baie goed. Dit moet tweede natuur by jou wees. Dit kom in alle toetse en eksamens voor
Skryfbehoeftes
Leerders koop eie skryfbehoeftes jaarliks aan – sien Skryfbehoeftelys wat jaarliks opdateer word.
Handboeke
Handboeke wat gebruik word, word jaarliks hersien en in Septembermaand word handboeke dan deur die skool bestel. Ouers koop dus boeke aan deur die skool. Soms is daar nie ‘n geskikte handbook nie, dan word notagelde gehef in die plek daarvan.
Benaderingswyse (tot onderrig)
Lewenswetenskap is ‘n inhoudsvak wat die leer van baie feite behels. Die inhoud word aan die leerders verduidelik met die gebruikmaking van verskeie hulpmiddels, soos rekenaars en ander tegnologie. Vaslegging vind dan plaas deurdat die leerders die werk in die middae hul eie gaan maak deur dit op te som op ‘n manier wat hulle sal help om die werk te onthou.
Sillabusinhoud
Sillabus inhoud
- Molekulêre, sellulêre en weefselvlak:
-
- Homeostase
- Organisasie van lewe
- Biochemie
- Selle en seldeling
- Weefsels en organe ( plante en diere)
- Lewensprosesse:
-
- Fotosintese
- Respirasie
- Vervoer in plante en diere
- Diversiteit en verandering:
-
- Biodiversiteit – verskeidenheid van lewe
- Geskiedenis van lewe op aarde (evolusie)
- Omgewingstudie:
- Biosfeer en Ekosisteme
- Vloei, siklusse en sisteme
Vakaktiwiteite
Weksopdragte, navorsingstake, toetse, ens. word deurlopend uitgevoer.
Algemeen
- Som elke dag alle werk op en leer d.m.v. herhaling!
- Wees bewus van wat om jou in die lewe aangaan - dit sal jou goed toerus om toepassingsvrae en eie meningsvrae te beantwoord.
- Ken jou LW-vaardighede baie goed - dit moet tweede natuur by jou wees.
- Ekstra klasse kan individueel met jou onderwyser gereël word. Dit kan tydens pouses of na skool wees.
Skryfbehoeftes
Leerders koop eie skryfbehoeftes jaarliks aan – sien Skryfbehoeftelys wat jaarliks opdateer word.
Handboeke
Handboeke wat gebruik word, word jaarliks hersien en in Septembermaand word handboeke dan deur die skool bestel. Ouers koop dus boeke aan deur die skool. Soms is daar nie ‘n geskikte handbook nie, dan word notagelde gehef in die plek daarvan.
Benaderingswyse (tot onderrig)
Hierdie wonderlike vak, wat getuig van die Grootheid van die Skepping en ons Skepper, word met passie en oorgawe aan die leerders oorgedra sover as moontlik. Die inhoud van die vak word met die alledaagse gekoppel op ‘n daaglikse basis, aangesien dit die vak ‘lewendig’ maak en dit die manier is waarop die vak deur die IEB geassesseer word ook. LW van vandag is lankal nie meer net die memorisering van hope feite nie. Dit behels verseker steeds baie leerwerk, maar die leerders moet hierdie kennis op ‘vreemde’ (nie-behandelde-) situasies kan toepas, kreatief kan dink, kan sintetiseer en kan evalueer. ‘n Wye verskeidenheid vaardighede maak deel uit van ons vak. Dit word daagliks ingeoefen deur klasgesprekke en Doelwit 3-diskussies. Hierdie genoemde vaardighede word ook geassesseer in die praktiese komponent van die vak, waar leerders onder andere hul eie eksperimente moet kan ontwerp.
Sillabusinhoud
Lewensprosesse in plante en diere:
Ondersteuning en vervoerstelsels in diere en kortliks in plante, Vervoerstelsels in diere, Ekskresie, Menslike senuweestelsel.
Lewe op molekulêre, sellulêre en weefselvlak:
Virusse, bakterieë, Protista en fungi
Diversiteit, verandering en kontinuiteit:
Diversiteit van plante in S.A, Biodiversiteit van plante, Aanpassings van basiese liggaamsplanne, Biogeografie,
Omgewingstudies:
Menslike invloed op die omgewing.
Vakaktiwiteite
Prakties word op ‘n gereelde grondslag gedoen, waar van toepassing – veral disseksies van gepaste organe.
Algemeen
Ons glo dat ons hier wetenskaplike denke by ons leerders vaslê en sodoende jong wetenskaplikes vir ons land kweek.
Skryfbehoeftes
Leerders koop eie skryfbehoeftes jaarliks aan – sien Skryfbehoeftelys wat jaarliks opdateer word.
Handboeke
Handboeke wat gebruik word, word jaarliks hersien en in Septembermaand word handboeke dan deur die skool bestel. Ouers koop dus boeke aan deur die skool. Soms is daar nie ‘n geskikte handbook nie, dan word notagelde gehef in die plek daarvan.
Benaderingswyse (tot onderrig)
Hierdie wonderlike vak, wat getuig van die Grootheid van die Skepping en ons Skepper, word met passie en oorgawe aan die leerders oorgedra sover as moontlik. Die inhoud van die vak word met die alledaagse gekoppel op ‘n daaglikse basis, aangesien dit die vak ‘lewendig’ maak en dit die manier is waarop die vak deur die IEB geassesseer word ook. LW van vandag is lankal nie meer net die memorisering van hope feite nie. Dit behels verseker steeds baie leerwerk, maar die leerders moet hierdie kennis op ‘vreemde’ (nie-behandelde) situasies kan toepas, kreatief kan dink, kan sintetiseer en kan evalueer. ‘n Wye verskeidenheid vaardighede maak deel uit van ons vak. Dit word daagliks ingeoefen deur klasgesprekke en Doelwit 3-diskussies. Hierdie genoemde vaardighede word ook geassesseer in die praktiese komponent van die vak, waar leerders onder andere hul eie eksperimente moet kan ontwerp.
Sillabusinhoud
Lewe op molekulêre, sellulêre en weefselvlak:
DNS, Proteinsintese, Meiose, Genetika, GM
Diversiteit, verandering en kontinuiteit:
Oorsprong, Evolusie, Vorming van nuwe spesies, Homoniede studies, Evolusie in huidige tyd
Lewensprosesse inplante en diere:
Menslike endokriene stelsel, Menslike voortplanting, Voortplanting in plante, Diversiteit van voortplantingstrategieë in sommige diere
Omgewingstudies:
Bevolkingsekologie
Vakaktiwiteite
Prakties word op ‘n gereelde grondslag gedoen, waar van toepassing.
Algemeen
Ons glo dat ons hier wetenskaplike denke by ons leerders vaslê en sodoende jong wetenskaplikes vir ons land kweek.