Tennis

Tennis: Meisies

Ons meisiestennis het stadig maar seker gegroei tot ‘n span wat gereken word in die Gauteng Meisiestennisliga, wat privaatskole en staatskole insluit.

Lara Eksteen is tans ons topspeelster. Sy speel al die afgelope twee jaar vir die Gautengspan. Sy  maak deel uit van die o/19- Gauteng Interpro-span .

Ons meisies is baie begeesterd en danksy entoesiastiese belangstelling en die kwaliteit speelsters, wil ons volgende jaar meer as twee spanne inskryf.

Hou dié spasie dop!

Tennis: Seuns

Helpmekaar se tennisseuns neem deel aan die “Southern Gauteng Boy’s Tennis”-liga. Ons het vier spanne (Wimbledon, Roland Garros, Flushing  Meadows en Rod Laver)  wat deelneem. Ons Wimbledon- span (die A-span)neem in die A-liga deel. Daar is geen ouderdom- onderskeid tussen senior en junior spelers in hierdie liga nie, dit gaan suiwer oor talent en die mannetjies wil gewoonlik so gou as moontlik hulle mede-spelers uitdaag om sodoende op te skuif op die ranglys.

Die Flushing Meadows- en Rod Laver-spanne se wedstryde vind plaas op Maandae en die Wimbledon- en Roland Garros-spanne sê die die stryd teen hulle opponent op Vrydae aan.

Ons neem jaarliks deel aan die Bethlehem-toernooi in September – ‘n absolute hoogtepunt op die tenniskalender! In Maart neem ons deel aan die Senior Interhoër en in Oktober aan die Junior Interhoër. Ons is ook altyd op die uitkyk vir nuwe toernooie en geleenthede om ons spelers aan bloot te stel.

Ons het werklikwaar baie talent in die skool en daar is gereeld spelers wat provinsiaal deelneem. Helpies se seuns-tennisspelers moet nooit onderskat word as hulle op die baan stap nie.

Juffrou Liezel Bach is die tennis-organiseerder en vrae kan direk aan haar gerig word.