Skaak

Skaak by Helpmekaar word jaarliks groter, beter en sterker. Nie net omdat skaak voordelig is vir verbale, analitiese, numeriese en probleemoplossings-vaardighede nie, maar omdat dit lekker is. Helpmekaar speel jaarliks in die NWR-skaakliga en die leerders presteer altyd baie goed.  Ook by die nasionale kampioenskappe vaar die spelers besonders goed.  Die skaakspan beskik jaarliks oor ‘n paar uithalerspelers wat die ander inspireer en ons wenkanse verbeter.

Ons hou ons eerste skaaktoernooi hierdie jaar, in samewerking met JNW.

Laai Liga Reëls af