Ruitersport

Klippetie Klippetie Klop

Hou asseblief ons webwerf dop

vir uitslae, hoogtepunte en foto’s

van galoppende perdepote….

Die Helpie-Ruiters trotseer aan deur die stowwe, geduldig, gedienstig, gedwee, ruiter te perd as sielsbeminde vriende – hul dra die skowwe getroos en tevree.

Na die stillewe van samestemming, blyf ieder ‘n held van die daad… met bene, na swoeë en swerwe, wat ruiterlik die Skepper dank.
(Met apologie aan Jan F.E. Celliers- Die Ossewa)

Helpmekaar (Gauteng-Sentraal) neem deel aan ruitersport-kompetisies wat georganiseer word deur SANESA.  Daar is vier kwalifiserende rondtes gedurende die jaar waar die top-8 ruiters in elke dissipline deurdring na die Nasionale Kampioenskappe.

Vir enige verdere inligting, kontak die organiseerder:

  • Me. Aletha Jansen van Rensburg – 082 497 3036
  • Suné van der Westhuizen (Portefeulje: Ruitersport)  – 073 139 3344.