Oriëntering

Oriëntering is ‘n sport waar leerders aan basiese navigasie en kaartwerk blootgestel word, sodoende moet hul hulself dan oriënteer om by die inklokpunte uit te kom en uiteindelik die wedloop klaar te maak. Dit is ’n individuele sport waar daar slegs een wedloop is waar hul in spanverband sal deelneem.

Ons maak gebruik van ons skoolbusse om by kompetisies uit te kom en indien moontlik wag die busse vir ons en bring ons terug skool toe. Indien daar nie ‘n bus is wat die leerders optel by die byeenkoms nie, sal u in kennis gestel word en moet leerders self opgetel word.

Vir enige navrae:
Dean Alberts
dean.alberts@helpmekaar.co.za
0834102851