Netbal

Netbal is `n spansport wat die Helpie-dogters se hart laat warm klop.  Henry Ford se lewensfilosofie pas ons soos `n handskoen:

Coming together is a beginning
Keeping together is progress.
Working together is success.

Suid-Afrikaanse Skole kampioenskappe – HELPMEKAAR  WEN  GOUD

Helpies se o/16-netbalspan het voorwaar gewys dat harde werk beloon word. As brons medalje-wenners het hulle in 2011 die waters getoets en hulle het in 2012 met die silwer medaljes weggestap. In 2013 het die dogters besluit dat dit tyd is vir goud. Na `n halfeindoorwinning teen Waterkloof het hulle teen Marais Viljoen in die finaal gespeel. Die dogters het soos ware kampioene gespeel en nie `n netbalvoet verkeerd gesit nie. Met `n puik vertoning in die finaal het hulle die goue medaljes met waardigheid ontvang.

Die 0/15’s het ook hulle voet in die deur gekry by die Suid-Afrikaanse Skole-kampioenskappe en het na goeie wedstryde `n algehele elfde posisie in die land behaal.

Die o/14-dogters het aan die Winter Games deelgeneem en het ook tot op Nasionale vlak deurgedring. Die dogters het `n goeie toernooi gehad en is elfde geplaas.

0/16-Oorsese Netbaltoer na Maleisië en Singapoer

Nege  0/16-netbaldogters en twee afrigters, het die voorreg gehad om van 17 November tot 28 November 2013 aan`n Internasionale netbaltoernooi in Kuala Lumpur, Maleisië deel te neem.  Die toernooi is aangebied deur die Bukit Jalil Sports School waar die dogters die geleentheid gekry het om binnenshuis te speel.  Die wedstryde was baie uitdagend, aangesien die wedstryde, soos ons eerstespan-wedstryde, uit kwarte bestaan het.   Skole wat aan die kompetisie deelgeneem het was: Bukit Jalil Sports School(lMaleisië), Raffels Girls School(Singapoer),  Brunei Darussalam School (Brunei),  Governer Stirling Senior High (Aus), Singapore Sports School, Marais Viljoen, asook Hong Kong Academy.

Die groep het beslis baie geleer en met `n ryke beresenheid teruggekeer. `n KANS VAN `n LEEFTYD…

Provinsiale verteenwoordiging

Nege Helpie-sterre vir Helpmekaar

Na afloop van die netbalproewe vir 2013, het die Helpies uitstekend gevaar.  Nege leerders word gekies vir die Gauteng-Netbalspan wat  voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie is.

27 van ons spelers het die distrik op die Gautengproewe verteenwoordig. Ons is baie bevoorreg om ook van nasionale afrigters soos Elize Kotze en dr. Elsje van der Westhuizen se hulp  gebruik te maak tydens afrigtingsessies en –kursusse.

NETBAL IN HELPMEKAAR

Beginsels

  • Lojaliteit, sportmanskap , samewerking en respek is boustene.
  • Gesonde kompetisie word aangemoedig.
  • Persoonlike ontwikkeling  word gemonitor .

Afrigting

Goeie uitslae word gebou op `n lojale afrigtingspan wat fokus op die nuuste tegnologie en uitvindings, asook persoonlike ontwikkeling as afrigting.

Wat bied ons?

  • Beplande afrigtingsessies waarin alle spelers betrek word.
  • Afrigtingskursusse, klinieke wat deur die spelers en die afrigters bygewoon word.
  • Genoegsame toerusting wat bydra tot die ontwikkeling van die spelers.
  • `n Kondisioneringsentrum met `n fisioterapeut en biokinetikus wat vir alle spelers beskikbaar is.

Liga

Helpmekaar Kollege is nie meer deel van die privaatskoolliga nie, maar vorm nou  deel van die JOMO-liga.   Dit is met trots dat ons kan sê dat al Helpmekaar se netbalspanne deurgedring het na die Gautengkampioenskappe 2013. Netbal het beslis na `n volgende vlak beweeg en meer spelers kry die geleentheid om te speel. Dit is verblydend om te sien hoe die dogters die kompetisie hanteer en hoe goed al die spanne presteer het.`n Fokuspunt vor die toekoms sal beslis wees ons ontwikkeling van nuwe talent om aan die diepte van ons netbal te  werk. Ons het `n hele  afrigtingspan van toegewyde afrigters en ouers wat skouer aan die wiel sit om die netbalbal op die baan te hou