Muurbal

Muurbal is ‘n fantastiese manier om ‘n vinnige, tog effektiewe oefening in te pas terwyl die spelers hulself kan geniet. Ons poog daarin om die kinders op ‘n holistiese manier te ontwikkel in verskeie afdelings van die fisiese liggaam, naamlik:
• kardiovaskulêre ontwikkeling
• spiergroepontwikkeling
• spieruithouvermoë
• krag en soepelheid

Tydens oefensessies gee dit die kinders ook die geleentheid om nuwe vriendskappe te vorm en om vir mekaar ondersteuning te gee soos net die Helpies kan. Ons poog verder om onder mekaar ‘n squash-Helpie-way te kweek op die baan.

Ons neem deel aan 3 ligas:

  • Meisiesseisoen van Januarie-Maart
  • Seunsseisoen van Maart tot Junie
  • Gemengde spanne – vriendskaplike liga in September.

Leerders het ook die opsie om aan die toernooie vir Sentraal-Gauteng deel te neem.