Landloop

Helpie-Landloop

Helpmekaar neem ywerig aan Landloop deel. Oor die laaste paar jaar het ons al verskeie provinsiale- atlete en SA-kampioene soos Ruani van der Merwe, Marcel Luther, Natanya Luther , Armin Botha, Minke Kruger, Chanè Wilson, Micheala Murat, Ruan Jacobs en Chanè Van Graan opgelewer.

Ons neem aan ‘n lekker interskole-liga deel teen skole soos Affies-seuns en -dogters, Pretoria Boys en Girls, KES, Jeppe, Parktown, ST Benedicts en ander sterk seuns- en dogterskole. Tydens die skole-interdistrikte-kampioenskappe eindig al ons spanne gewoonlik in die top 3.

Die Helpie-dogters eindig ook algeheel in die tweedeplek in die Direkteurstrofee-streeksuitdunne.

Die liga-byeenkomste begin altyd om 15:30 en is gewoonlik teen 16:00 afgehandel.  Die wedlope is op Maandae en Vrydae, wat botsing met ander wintersport beperk.

Daar word vervoer na en van die byeenkoms terug skool toe gereël

Omdat die meeste van die landloop-atlete aan Wintersport deelneem, werk die oefening soos volg:

  • Atlete wat net Landloop beoefen, oefen 1ste of 2de sessie saam met Mnr. JP van der Merwe
  • Atlete wat Wintersport beoefen kan 2de sessie saam met Mnr. JP van der Merwe oefen, indien jou vervoerreëlings dit toelaat
  • Atlete neem aan ander Wintersporte deel, maar hardloop net die liga en wedlope op Maandae en Vrydae.

Padwedlope en “Park-Runs”

Ons neem graag aan padwedlope en “Park-Runs” deel.

Inligting in dié verband word deurgegee soos die wedlope plaasvind.

Vir ‘n goeie basis en ‘n lekker Winter, hardloop ons ook saam met die Sentraal-Gauteng-klubs se landloopliga.  Dit vorm ‘n groot basis in ons atletiekseisoen vir volgende jaar.

Klublandloop

Dit vind op Saterdae plaas en is nie deel van Helpmekaar-verpligtinge nie. Hierdie is egter ‘n uitstekende manier om jouself verder voor te berei vir die Landloopseisoen.  Dit is ‘n harde kompetisie en stel jou bloot aan Landloop op ‘n ander manier.  Die maak jou “tough”.

Hoewel die klublandloop nie verpligtend is nie, moedig ons jou graag aan om daarvan deel te wees.  Helpmekaar gebruik UJ as affiliasie-klub.

Toekennings:

LW:      Vir enige Landloop-toekenning moet daar aan ten minste 90% van alle wedlope deelgeneem word.  Dit sluit ook die wedlope in die 3de-termyn in.

Sertifikaat

90%-deelname as lid van die Helpie-landloopspan

Balkie

Lid van die Helpie-span was wat:

Aan die direkteursfinaal deelneem of 3 jaar lid van die span met 90% deelname aan wedlope jaarliks.

Top 20 by GiiSA finaal – individuele kompetisie

Erekleure

Lid van die Provinsiale span wat GIISA of Gauteng verteenwoordig by ASA of Skole SA’s.

Of by die verwerking van’n 3de Balkie