Krieket

Krieket by Helpmekaar is ‘n aktiwiteit waar seuns leer dat die speler nooit groter as die span of sport kan wees nie. Ons roem ons daarop om korrekte etiket van Graad 8 af reeds deel van ‘n Helpie-krieketspeler se DNA te maak. Spelers word geleer om hul op en van die veld soos ware Helpies te gedra, maar dat hul nooit  ‘n enkele millimeter moet/hoef  terug te staan in die hitte van ‘n goeie kompeterende krieketwedstryd nie.

Deur afrigters wat hul sout werd is en die ekstra myl loop, lewer ons jaarliks streekspelers op en het ons gereeld spelers in die Gauteng-span ook.

Spanne

Helpmekaar neem met minstens 8 spanne deel aan bepalings in die Johannesburg-liga. Hierdie liga bestaan tans uit 30 skole en is ook ‘n inisiatief deur Helpmekaar aangevoer om te verseker dat ons seuns gereeld en teen goeie opposisie deelneem.

Ons sal met die volgende spanne deelneem aan die bepalings:

Seniors: 1ste, 2de, 3de
Juniors: o/14 A, B
o/15 A, B
O/16 A, B

 

Toere en Kriekettoernooie

Elke jaar word daar aan verskeie toernooie deelgeneem. Hier sal jy die geleentheid kry om teen ander top skole van regoor die land te speel. Die 0/15-span speel by Westville Boys festival jaarliks in Januarie asook die Uplands toernooi in Nelspruit in Julie en die eerstespan speel jaarliks by die Independant School’s Festival by St Albans in Pretoria, die Potch Heritage festival in September asook ons eie T20 Festival in Oktober. In die afseisoen neem die o/17’s ook deel aan die LPL reeks asook die St Peters festival.

Elke leerling kry ook die geleentheid om minstens een keer in sy skoolloopbaan na die buiteland te toer. ‘n Junior en Senior span (28 seuns) het vanaf 29 November tot 18 Desember 2010 in Sri- Lanka en Indië getoer, in 2013 na Indië en in 2016 weer na Indië en Sri-Lanka. Die volgende toer vind weer in 2019 plaas.

Ons neem ook jaarliks met die 1ste, 2de en 3de spanne deel aan die Johny Waite-uitklopreeks, waar ons die geleentheid het om teen die top skole in die land te kompeteer. Ons begin in 2018 ook deelneem aan die landwye Noord-vaal kompetisie.

 

Area- en Provinsiale spanne

Ons seuns neem ook deel aan area-proewe en ons seuns verteenwoordig ook area- en provinsiale spanne . In die laaste 4 jaar het ons jaarliks minstens vyf seuns wat in onderskeidelik die Jhb-Suid o/15- en o/19-spanne opgeneem word.   Daar is ook gereeld en toenemend meer spelers wat die skool op provinsiale vlak verteenwoordig.

Oefentye

Maandae (Opsioneel), Dinsdae, Woensdae en Donderdae 14:00 tot 15:30

Kleredrag

Wedstryd: Wit langbroek, kriekethemp, krieketskoene of  oorwegend wit seilskoene en skoolpet. Die skoolbaadjie word gedra voor ‘n wedstryd asook tydens tee- en etenspouse.
Oefendrag: Skool-sportbroek, kriekethemp, skoolpet. Geen ander drag  word toegelaat nie. ‘n Kopskerm moet te alle tye in die nette gedra word.

Krieket-akademie

Helpmekaar beskik oor ‘n gespesialiseerde krieketakademie, nl Cricket Kraft, waar leerlinge regdeur die jaar aan krieket kan deelneem. Hier word leerlinge aan ‘n gevorderde program deur ‘n spesialis-afrigter blootgestel.
Die Akademie word bestuur deur Oom Henri Grobbelaar en sy span.
Oefentye is Maandag tot Vrydag van 16:00 – 18:00.
Oefentye kan aangepas word, maar mag nie inbreuk maak op enige skoolaktiwiteite nie.
Die Krieket-akademie is ook oop vir alle laerskoolleerlinge.
Indien u kind sou belangstel om nou al by die krieket-akademie aan te sluit, kan u gerus vir mnr. Henri Grobbelaar skakel by 0824971114.

Prysuitdeling-kriteria

Sertifikaat: 80% wedstryde gespeel
90% oefeninge bygewoon
Balkie: 3 Sertifikate vir krieket
Areaspan
Erekleure: Gauteng Provinsiale span,
SA Skole Noordvaal-finaal