Hokkie: Seuns

Seunshokkie by Helpmekaar het in ‘n relatiewe kort tydperk baie hoë hoogtes bereik. Van slegs een span in 2007 tot 6 baie kompeterende spanne in 2016. Ons lewer die afgelope 8 jaar gereeld provinsiale spelers op en ons neem in die A-afdeling deel van die baie taai Aitken en Boden-toernooi, waar die top 48 skole in Johannesburg jaarliks hul staal meet. Ons het ook in 2015 ons eerste oorsese toer na Nederland meegemaak en daar aan toernooie deelgeneem. Ons is sonder twyfel een van die sterkste Afrikaanse skole in Johannesburg wanneer dit by seunshokkie kom.

Bloemfontein-toer
In die Aprilvakansie was daar sowat 60 seuns wat die toer bygewoon het. Ons het in die oggende op die KOVSIES-Astro klinieke gehad waar onder meer spesialis-doelwagter-afrigters die manne se vaardighede opgeskerp het. In die middae het ons wedstryde gespeel teen Jim Fouché, Grey College en St Andrews College. Dit was ‘n goeie leerskool met wisselvallige uitslae, maar deur die bank goeie ervaring wat opgedoen is. Dit was veral lekker om teen Grey Kollege te gaan speel op hulle astro, waar ons hartlik ontvang is en bande gesmee is.

Aitken en Boden
Die eerstespan eindig 11de uit die 16 skole in ons tweede jaar in die A-afdeling.

Ons Boden-span het hul doelwit bereik en eindig tweede in die B-afdeling, maar wen die pomosiewedstryd teen Monument 5-1 en neem dus in 2017 deel in die A-afdeling.

Provinsiale spelers
Die volgende seuns is opgeneem in die Suid-Gautengspan

  • o/14:   Ruan Timmers
  • o/16:   Neil Eksteen

Oorsese Toer
Daar word tans beplan om moontlik in 2017 weer na Nederland te toer.

Prestige laerskole-toernooi
Ons het hierdie jaar die eerste prestige laerskole-toernooi van sy soort by Wits aangebied tydens die Augustusvakansie. Die skole wie se eerstespanne deelgeneem het was: Fairland, Louw Geldenhuis, Roodekrans, Unika en Cliff view.
1ste Span

  • Aitken-toernooi
  • Kearsney Festival
  • Waterstone Festival
  • Beaulieu-toernooi
  • St Peters-toernooi

o/16

Menlo-toernooi

o/15

  • Boden-toernooi
  • Beaulieu-toernooi

o/14

  • Parktown Festival