Hokkie: Meisies

“Talent wins games, but teamwork and intelligence wins championships.” – Michael Jordan

Die hokkie by Helpmekaar gaan van krag tot krag en ons is baie opgewonde oor die gebruik van ons eie Astro-turf vanaf 2014.

Helpmekaar het twee junior ouderdomsgroepe, 0/14 en 0/15, en drie seniorspanne naamlik 0/16, 2de- en 1ste-span.

Ons maak gebruik van onderwysers, sowel as buite-afrigters, wat ‘n positiewe en sigbare impak in die ontwikkeling van die dogters-hokkie maak.  Ook het ons ‘n spesialiteits doelwagter-afrigter wat seker maak dat die doelwagters hul vaardighede ontwikkel en hul volle potensiaal bereik.

Ons neem deel in 2 ligas, die Grays A-liga en die Noordvaal-liga.  Die afgelope twee jaar het ons goed gevaar in beide dié ligas.  In die Noordvaal- kompetisie het ons nog elke jaar spanne in die Top 16 gehad en in die finaal gespeel.  Verskeie van ons spelers word ook elke jaar in distrikspanne, sowel as provinsiale spanne, opgeneem.

Word deel van die hokkie-familie by Helpmekaar en ervaar die energie , entoesiasme en kameraderie van ons dogters!