Boogskiet

Boogskiet is ‘n individuele sowel as ‘n spansport. Leerders kry tydens elke kompetisie punte wat in NASP (Unie van Suid-Afrika) se databasis ingelees word. In Oktober is daar ‘n nasionale kompetisie waarvoor enige leerder kan kwalifiseer met die regte hoeveelheid punte, wat hulle opgebou het deur die jaar, tydens kompetisies.

Opgewondenheid loop hoog vir Helpmekaar se boogskiet. Ons verander leerders se lewens een pyl op ‘n slag.