Bergfietsry

Algemeen:

Helpmekaar neem weer deel aan die “Spur Mountain Bike School Challenge” vir 2019. Ons wil graag so veel as moontlik Helpies inskryf vir die kompetisie (elke deelnemer kry ‘n punt vir die skool).

Jy moet in die amptelike Helpmekaar-fietsryhemp ry, die klerebank het voorraad.

Inskrywings:

Die webtuiste vir die Bergfietsry is baie goed uiteengesit en ons moedig elkeen aan om dit te besoek.  Die formaat, asook die reëls van die kompetisie, word mooi uiteengesit.  Inskrywings word direk op die webtuiste deur leerders self gedoen.  Die skool hanteer glad nie die inskrywings nie. Hou die webtuiste dop vir verdere nuus: http://www.spurmtbleague.co.za

Die eerste amptelike Spur-skolekompetisie is eers in Mei, maar ons moedig alle belangstellende Helpies aan om nou al te begin oefen. Dit sal ook baie goeie voorbereiding wees indien jy aan die ander kompetisies, wat ook op die webtuiste genoem word, kan deelneem.

Verdere inligting rakende datums van die kompetisies sal volg.

Vir enige navrae:
Dean Alberts
dean.alberts@helpmekaar.co.za
0834102851