Atletiek

Helpmekaar het ‘n groot liefde vir atletiek.  Ons het veral oor die laaste agt jaar van ‘n skamele spannetjie wat net-net ‘n atleet per item kon inskryf, gegroei om redelik ons man te staan in die A-afdeling van die Puk Super Interhoër.

Ons is voorwaar bevoorreg om twee atletiekseisoene gedurende die jaar te hê.   September / Oktober neem ons aand die privaatskole-liga deel, asook die Gauteng provinsiale-klubbyeenkomste.

Die hoofdoel van die deelname is om:

  • ons atlete goed voor te berei vir die volgende hoofseisoen in Januarie / Februarie.
  • so veel as moontlik atlete die kans te gee om deel te neem.  Daarom kies ons dikwels twee spanne wat deelneem aan verskillende byeenkomste op dieselfde dag.
  • meer blootstelling aan ons atlete te gee en dus aan te moedig om deel te neem aan die Sentraal Gauteng-liga  op Saterdae – dit is ook ‘n voorvereiste vir keuring vir die Sentraal-Gautengspan.

Gr 7-leerders mag aan alle byeenkomste deelneem, behalwe aan die Interhoër, waar slegs Bona-fide ingeskrewe leerlinge mag deelneem.

Om vir die top 20- of top 30-span te kwalifiseer, moet ‘n Gr 7-leerder ‘n prestasie lewer wat verdienstelik sy of haar plek in die span so behaal.  Hier is ons maatstaf ‘n atleet se prestasies op die Helpmekaar-byeenkoms en Gauteng liga-byeenkomste.