Welpies

Elke jaar word die nuwe Welpies met groot opgewondenheid ontvang.  ‘n Tema word gekoppel aan die ontgroeningsweek.  Dit is ‘n week vol pret en plesier.  Die Welpies skrik nie vir tradisies, trappeklim, swemgala, atletiek, redenaars en groentjiekonsert nie.  Na ‘n week se behoorlike kennismaking met elke hoek en draai van Helpmekaar, kan hulle uiteindelik ‘n ware Helpie genoem word en die skoolbaadjie tydens ‘n formele plegtigheid met trots aantrek.

Die reis begin hier…