Valentynsweek

“Te veel keer het ek jou hart geweier.
Want dit alles klink te goed om waar te wees.
Maar vanaand staan ek hier, in jou arms.
Met die dansvloer oop vir jou en my. “ Riana Nel

Die Valentynsbal by Helpmekaar Kollege is elke jaar ‘n groot hoogtepunt op die kalender. Omdat Helpies glo in liefde en omgee vir ander, is dit vir ons ‘n plesier om dit dan ook op die gepaste wyse te vier … deur prettig aan te trek gedurende die Valentynsweek en dan uiteindelik die week af te sluit deur deftig aan te trek en die aand om te dans, foto’s te neem, met ons maats te kuier en te smul aan lekker snoeperye.