Time Out

Die lewe van ‘n Helpie kan baie bedrywig raak met allerlei aktiwiteite, huiswerk, toetse, sperdatums, vriendskappe/moontlike vriendskapsprobleme en verhoudings/moontlike verhoudingsprobleme.  Soms het mens net ‘n blaaskans nodig en hiervoor is Time-Out perfek!

By Time-Out kan jy asem skep, stil raak by God, antwoorde op lewensvrae kry, lofprys en aanbid, nuwe vriendskapsbande smee en sommer net pret hê.

Time Out vind gewoonlik plaas op Woensdae, tweede pouse, in Die Aula.

Een van die beste gebeurtenisse wat Helpmekaar bied, is vir seker die Get a Way-kamp in Augustus.  Spaar nou al solank geld, want die plekke is beperk en verkoop blitsvinnig uit. (Meer inligting hieroor later.)

Kom ontdek en geniet saam!

Time Out-organiseerders 

  • Juffrou Carien Wessels (073 280 3221)
  • Marnus Grobler (079 298 7931)