Gemeenskapsuitreik: Helpie – Hartklop

Helpie-hartklop is Helpmekaar se nuwe gemeenskapsdiensmodel.

Helpies het groot harte wat gereeld en ruim gee aan die gemeenskap. Ons gee maklik van ons tyd, van onsself en van ons goed

Ons besef dat ons leerlinge uit soveel verskillende areas van Johannesburg kom en dat elkeen ‘n unieke skedule met aktiwiteite het.  Verskillende tipes gemeenskapsdiens spreek ook tot verskillende mense.

Ons het gevolglik ‘n groot verskeidenheid organisasies, regoor Johannesburg,  geïdentifiseer.  Leerlinge kry die geleentheid om by enige organisasie van hulle keuse betrokke te raak en dit volgens hulle skedule in te pas.

Daar word twee tot drie projekte per termyn, as skool aangepak.  Inligting hieroor sal weekliks in die nuusbrief verskyn.

Ons is baie opgewonde oor hierdie inisiatief!

Sien asb. hierdie voorlegging vir meer inligting.