Duik

By Helpmekaar Kollege glo ons in gebalanseerde leerders en Duik is nog een van die aktiwiteite waar elke Helpie ekstra vaardighede kan leer.

Hierdie stokperdjie wat wêreldwyd al hoe meer gewild raak, het by Helpmekaar ook gegroei. Verlede jaar het daar 32 leerlinge hul “Open Water” lisensies, 6  hulle “Advanced Open Water” kursusse en 10 leerlinge het hul “Rescue Diver” kursusse voltooi!

Die kursusse word aangebied deur Jozi Divers en ons het ons kwalifiserende duike by Miracle Waters naby Brits en by Bass Lake voltooi. Die duikinstrukteurs en personeel by Jozi Divers doen hul werk met ongelooflike entoesiasme, professionaliteit en perfeksie! Dieselfde instrukteurs wat die duikers opgelei het, gaan ook saam met ons op die duiktoere, wat die meer onervare duikers baie gemaklik en veilig hou onder die water.

Daar vind twee duiktoere deur die loop van die jaar plaas. Die eerste toer vind reeds in April plaas en die tweede een in Augustus.

Hierdie is sonder twyfel een van die gewildste en gunsteling aktiwiteite wat aangebied word by Helpmekaar!!

Vir meer besonderhede, kontak vir Sofi Woest:  sofi.woest@helpmekaar.co.za