Black Tie

Die “Black Tie”-manneaand is een van Helpmekaar se spoggeleenthede vir die jaar.

Dit behels ‘n aand van spoggerig aantrek, lekker eet en jolig saamkuier. Elke jaar word ‘n tema gekies en word die forumsaal ongelooflik stylvol opgemaak om luister aan die aand te gee. Elke jaar word ‘n gasspreker genooi.