Beauty and the Beast

Beauty and the Beast is ‘n hoogtepunt op Helpmekaar se sosiale kalender! Daar word 10 seuns en 10 meisies uit graad 11 en 12 gekies om aan hierdie kompetisie deel te neem.  ‘Masquerade’,  ‘Just Dance’ en ‘Disney’ is net ‘n paar van die opwindende temas waarmee die Beauties en Beasts ons die afgelope paar jaar vermaak het!  Wat hierdie geleentheid jaar na jaar onvergeetlik maak, is dat dit nie net oor uiterlike skoonheid gaan nie, maar eerder oor tematiese dans-items,  uitspattige kostuums en hope pret!

‘n Meneer en Mejuffrou Persoonlikheid word deur die finaliste self aangewys. Die amptelike fotograaf wys Meneer en Mejuffrou Fotogenies aan. Die Beauty & Beast word deur die beoordelaars aangewys.

Hierdie hele “show” word in een week aanmekaar gesit en is werklik ‘n hoogtepunt van ons Helpie-jaar.