
Elke uitdaging is nog 'n geleentheid...

Liewe Ouers
Helpmekaar se leerders is veerkragtig… en ons onnies is innoverend, kreatief en lief vir u kinders. Ons het hierdie week met ons aanlyn-klasse begin en, soos altyd, maak ons van elke uitdaging ‘n geleentheid om pret te hê terwyl ons leer.
Dankie dat u, as ouers, saam met ons ‘n linie van verdediging bou om u kind se welstand – uiteindelik is dít altyd ons grootste prioriteit!
Oueraande

Ons bevestig net weer die nodige reëlings:
Graad 8: 22 Jan 18:00
Graad 9: 26 Jan 17:30
Graad 10 + 11: 27 Jan 18:00
Graad 12: 26 Jan 18:45
Ouers van leerders in Gr. 9-12 word versoek om een van die relevante oueraande by te woon.
Indien u dus kinders in meer as een van hierdie grade het, hoef u net een van die oueraande by te woon – met die gr. 8- en 12-oueraande as prioriteit.
M.a.w.
- indien u ‘n kind in gr. 8 EN 10 het, moet u asb die gr. 8-aand bywoon
- indien u ‘n kind in gr. 9 EN 12 het, moet u asb die graad 12-aand bywoon.
- indien u ‘n kind in gr. 8 EN 12 het, moet u asb beide bywoon.
U sal 24 uur voor die betrokke oueraand ‘n Zoom-skakel ontvang (via e-pos en sms), wat vir u toegang sal gee tot die vergadering, en direk na afloop van elke vergadering sal die spesifieke graad se inligtingsboekie op e-skool beskikbaar wees.