
Laudatio 2020 (prysuitdeling)

As gevolg van die Covid 19-pandemie, wat gelei het tot verskeie buitemuurse aktiwiteite wat nie hierdie jaar plaasgevind het nie, moes die Laudatio-komitee sekere aanpassings maak vir 2020.
Die volgende beginsels sal dus vir Laudatio 2020 geld:
Sport-en Kultuuraktiwiteite
- Alle afgehandelde aktiwiteite, m.a.w aktiwiteite wat in die eerste termyn plaasgevind het, volgens die bestaande kriteria, sal die status quo handhaaf vir toekennings.
- Virtuele kompetisies wat nie deel van ‘n amptelike liga was nie, sal NIE in aanmerking geneem word nie.
Vir onafgehandelde aktiwiteite of gekanselleerde aktiwiteite sal die volgende proses in werking tree:
Graad 8 tot 11:
Elke leerder se prestasie op buitekurrikulêre vlak, sal oor ‘n aaneenlopende tydperk van 3 jaar gemonitor word. Daar sal dan in 2021 die nodige toekenning vir 2020 gemaak word.
- Vir 2020 sal hierdie leerders geen toekenning ontvang nie (behalwe matrikulante).
- In 2021 sal ons aan die hand van die vorige jaar/jare se toekennings ‘n besluit neem, byvoorbeeld: Kind X kry in Graad 8 (2020) geen toekenning (Covid-19-jaar), in graad 9 (2021) kwalifiseer hy vir ‘n balkie vir koor en in graad 10 (2022) kwalifiseer hy weer vir ‘n balkie. Dit beteken dan dat ons aanneem dat hy in graad 8 (2020) ook vir ‘n balkie sou kwalifiseer en dus ken ons in sy graad 10-jaar vir hom erekleure toe, want dit sou dan sy 3de balkie wees, wat tot erekleure lei.
- Ons gaan dus vir graad 8-11 terugwerkend oordeel, soos in bogenoemde voorbeeld verduidelik. Sodoende, glo ons, is dit ‘n regverdige manier om ons leerders gelyke erkenning te gee in ‘n jaar waaroor ons nie beheer gehad het nie.
Matrikulante:
Graad 12-leerders sal reeds vanaf 2020 terugwerkend hul toekennings ontvang by die Gradueringseremonie op 9 Oktober 2020.
- Byvoorbeeld: In 2018 kry leerder Y erekleure vir hokkie, in 2019 kry hy ‘n hertoekenning vir erekleure, dus aanvaar ons dat hy in 2020 weer vir erekleure sou kwalifiseer en dus kry hy weer ‘n hertoekenning van erekleure (indien hy deel was van die aktiwiteit in 2020).
Buiteskoolse aktiwiteite
- Alle afgehandelde aktiwiteite wat plaasgevind het, volgens die bestaande kriteria, sal die status quo gehandhaaf word vir toekennings.
- Virtuele kompetisies wat nie deel was van ‘n amptelike liga nie, sal NIE in aanmerking vir toekennings geneem word nie.
- Bewys van deelname en prestasies behaal, moet teen Woensdag, 23 September aan Me. Mariëtte Keyser gestuur word: mariette.keyser@helpmekaar.co.za
Die Laudatio-toekenningsplegtigheid se verloop en datum sal op ‘n latere stadium aan u deurgegee word. Indien u enige verdere inligting rondom Sport of Kultuur verlang, kan u onderskeidelik die sporthoof, Mnr. Shaun Jackson of die kultuurhoof, Me. Linda Peacock kontak.
Vriendelike groete
Jana Botha
(Laudatio-organiseerder)
Karla trap weer met volle vaart

Karla Stumpf (gr.12) het Saterdag die Gauteng XCO Endurance Championships gewen en Sondag haar eerste vollengte marathon gery – die Nissan Trailseeker te Buffelsdrift, Oudtshoorn. Dit was ‘n resies waaraan al die land se top professionele ryers deelgeneem het en Karla het as wenner van die junior-afdeling uit die stryd getree en ‘n 11de plek algeheel behaal – ‘n uitsonderlike prestasie vir iemand wat nog op skool is. Wel gedaan!
Alix maak naam in muurbal

Baie geluk aan Alix du Plessis (gr. 12) wat verkies is tot die Gauteng Senior Muurbalspan wat in Oktober aan die interprovinsiale toernooi, The Jarvis tournament, deelneem.
Die aap is uit die mou
Kaitlin Scott (gr. 8) het ‘n tweede plek behaal in die ATKV se Idiome sonder woorde-kompetisie met haar uitbeelding van die aap uit die mou laat. Baie geluk met jou oulike video, Kaitlin.
Helpies toor met woorde

Elanzé Kuhn (gr.8) en Helen Wilson (gr.9) het beide besonders presteer in die Internasionale Afrikaans-ekspo 2020 se poësie-afdeling: albei is as wenners van hul onderskeie grade aangewys. Ons is trots op hierdie dogters se skryftalent.
Gholfdag 2020
2020 het toe nie ‘n hole in one geslaan nie en daarom is dit vir ons lekker om almal te kan uitnooi na ons jaarlikse gholfdag wat plaasvind op 12 November 2020 te Randpark Gholfklub.
Nooi u familie, vriende en kollegas om sommer net ‘n dag in die buitelug te kom geniet, selfs al is jy nie ‘n kranige gholfspeler nie.
Klik asb op die skakel om te bespreek: Gholfdag2020
Indien u as ‘n borg wil betrokke raak by die gholfdag, sal u maatskappy dienooreenkomstig erkenning ontvang. Klik asb op die skakel om te sien op watter wyse u as borg kan optree: Borgbesonderhede
Vir enige verdere navrae, kontak vir Jacques Swart: 082 374 7273 of helpiesgholf@gmail.com
Graadtoere en verrykingsaktiwiteite

U sal weldra ‘n skrywe van u kind se graadvoogde ontvang waarin alle detail i.v.m. sy/haar aktiwiteit/toer deurgegee sal word:
Gr. 8: Paratuskamp: 25 + 26 Nov @ HMK
Gr. 9: Gizmodo: 30 Nov + 1 Des @ HMK
Gr. 10: The Rhino Project (natuurbewaring): 28 Nov – 1 Des @ Mpumalanga
Gr. 11: The Journey: 28 Nov – 2 Des @ Khosi-baai
Program tot Oktobervakansie

Die volgende drie weke is gevul met geleenthede om die vreugdes van Helpmekaar te vier:
27 Sep: Aster – Gala-aand
28 Sep: Aster – Vertoning 1
29 Sep: Aster – Vertoning 2
30 Sep: Aster – Vertoning 3
Aster – Welpie-vertoning
3 Okt: Helpie Games
Matriekfunksie
4 Okt: Fiësta (Hoof se konsert)
7 Okt: Spring, Slinger en Spaander-spele
8 Okt: DI Hub-inwyding
9 Okt: Matriekgraduering
Dis100-afskop
Skool sluit vir vakansie!
Busse ry vroeër...

Neem asb kennis dat die busse op Woensdag, 23 September om 13:45 vertrek a.g.v. die langnaweek.
Die week se kalender
There are no upcoming events to display at this time.