
Vir u beplanning

- Maandag, 22 Maart is ‘n nasionale vakansiedag, maar ons begin wel met eksamen op hierdie dag, sódat die skool op 26 Maart kan sluit vir ‘n heerlike vakansie.
- Tydens die ekamen vertrek die busse daagliks om 11:40 huiswaarts.
- Die skool begin weer op Maandag, 19 April om 07:30.
- Maandag, 26 April is ‘n skoolvakansiedag en Dinsdag, 27 April is Vryheidsdag – dus sal daar NIE skool wees op hierdie twee dae nie.
- Rapporte sal wel op Maandag, 26 April om 14:00 elektronies beskikbaar wees op Adam.
Winkel oop vir wintersdrag

Ons herinner u daaraan dat ons leerders wintersdrag moet dra vanaf die eerste dag van volgende termyn.
Indien daar enigiets is wat u dus nog moet aankoop, sal die klerewinkel elke dag tussen 07:30 – 14:00 oop wees en dan weer op 16 April vanaf 08:00 – 14:00.
Ons wil egter versoek dat u nie die aankope sal uitstel tot net voor die skool weer begin op 19 April nie.
Roeloff tref teiken in virtuele wêreld

Roeloff le Roux het op 12 Maart aan die Virtual Zurich Winter Festival deelgeneem. Skuts van reg oor die wêreld kon inskryf en het dan op elektroniese teikens geskiet en hul data ingestuur.
Roeloff behaal sy persoonlike beste punt van 585.9 uit 600 in die 10 meter Presisie-afdeling en verwerf ‘n silwer medalje.
Tennis se eerste toernooi afgehandel

Baie geluk aan elke tennisspeler wat deelgeneem het aan ons eerste Helpie-toernooi. Ons eindig hierdie termyn op ‘n hoë noot en die rangleer vir Termyn 1 is bepaal.
Kirsten en Bernelee genooi vir Olimpiese Proewe
Ons is opgewonde saam met Kirsten Engelbrecht en Bernelee Doster wat uitgenooi is om deel te neem aan die SSA Olimpiese Proewe in Port Elizabeth van 7 – 12 April.
These trials will also serve as a qualifying event for FINA World Championships in 2022 and several squads (e.g. Commonwealth squad) will be selected from the results of these trials.
Wat ‘n puik prestasie!
Baie geluk ook aan Chanel Malan
(Gr. 9) wat gekies is om aan die SA Nasionale Junior Swem-kampioenskappe deel te neem van 26 – 28 Maart. Ons sien uit om te hoor wat jy hier gaan vermag.
Wetenskaplikes in wording
Die Gr.8’s het hierdie week in die Fisiese Wetenskappe-klasse in DI Hub, die geleentheid gehad om praktiese vaardighede – soos die aflees van die volumes van vloeistowwe en die bepaling van die massa van voorwerpe, m.b.v. ‘n elektroniese skaal – toe te pas.
Ons is dankbaar om hierdie leerders van jongs af opgewonde te kan maak oor die uitvoer van opdragte en die uitleef van die vaardighede wat hulle baasraak gedurende die termyn.
Oor 'n week is die eksamen verby!

Sterkte met al die motivering, peuselhappies aandra en bemoediging tydens die eksamen – ons weet maar al te goed dat dit soms vir almal in die huis ‘n stresvoller tyd as gewoonlik is.
What teenagers REALLY need from their parents
- Patience… lots of patience
- To be the calm in their storm
- To be their biggest cheerleader
- To feel the warmth of our touch
- To be truly present in their lives
- Freedom to make a few mistakes
- Clear understanding of boundaries
- To be loved fiercely and unconditionally
- Guidance, even when they’re unaccepting
- For us to remember what it feels like to be a teenager