
694 A's vir Helpmekaar!
Die groot-oog Graad 8’ies van 2016, met die gróót tasse en gróót drome (en 69% graadgemiddeld), het ons die laaste vyf jaar toegelaat om aan hulle te timmer en te skaaf, om hulle te bemoedig en beskerm, om hulle toe te rus met vaardighede en visie – hulle het ons vertrou met hulle denke en doelwitte – daarom deel ons heelhartig in die blydskap van hierdie besonderse groep kinders (met hulle 76% graadgemiddeld) se matriekuitslae:
‘n DERDE (33%) van die groep behaal ‘n A-gemiddeld
- 4 kandidate met 9 A’s
- 17 kandidate met 8 A’s
- 15 kandidate met 7 A’s
- 15 kandidate met 6 A’s
- 12 kandidate met 5 A’s
694 vak-onderskeidings (3.35 A’s per leerder)
71% van leerders wat ‘n 3de taal neem, verwerf A-simbole.
Helpmekaar se analitiese vakke
Rekeningkunde: 80% gemiddeld
(60% behaal bo 80%)
IEB = 65% gemiddeld
Inligtingstegnologie: 79% gemiddeld
(68% behaal bo 80%)
IEB = 71% gemiddeld
Fisiese Wetenskappe: 77% gemiddeld
(45% behaal bo 80%)
IEB = 62% gemiddeld
Wiskunde: 73% gemiddeld
(45% behaal bo 80%)
IEB = 63% gemiddeld
(71% van ons matrieks neem Wiskunde vs 63 % van land se matrieks)
Verdere prestasies
VYF van ons leerders het die lys van 83 kandidate met Uitnemende Prestasies behaal, omdat hulle in 6 vakke + LO in die toppersentasie van die land is – geen ander IEB-skool het soveel leerders op hierdie lys nie: Neale Berkenbosch, Karla de Jager, Jessica Portwig, Anja Steyn en Helene van der Walt.
‘n Verdere DRIE van ons leerders het die lys van 90 kandidate met Uitnemende Prestasies behaal, omdat hulle in 5 vakke + LO in die toppersentasie van die land is: Anja Pistorius, Nathan Raath en Shaun Wilson.
Ons 4 kandidate wat 9 x A-simbole verwerf het: Neale Berkenbosch, Robin du Plessis, Jessica Portwig en Shaun Wilson:
Akademie 2020 word gevier

Die Akademiese Prysuitdeling, waar ons leerders vereer vir hul goeie akademiese uitslae in 2020, vind volgende week, Dinsdag, 23 Februarie, plaas.
Graad 9+10: 17:15 (dus gr.8+9 in 2020)
Graad 11+12: 18:30 (dus gr. 10 + 11 in 2020)
Daar sal parkering beskikbaar wees op die National School of Arts se velde (draai vanaf Empirestraat, regs in Mellestraat. Net na ons skool se hoofingang, draai u links by hierdie parkering in.
Omdat ons streng Covid-protokol volg, sal dit by die swembad-area geskied en word slegs ouers toegelaat om dit by te woon. Maskers en die korrekte sosiale afstand is verpligtend.
Indien u kind deel van hierdie geleentheid is, sal hy/sy reeds in kennis gestel wees.
Lewenswetenskappe se hart klop vir leer
Die gr.11-leerders het verlede week, as praktiese toepassing van hul kennis oor die anatomie van die hart, varkharte gedissekteer.
Sharing is caring!
Gedurende hierdie jaar se Valentynsweek het die Helpies hul liefde vir hul gemeenskap gevier deur skryfbehoeftes, toiletware en lekkernye te gaan uitdeel by die kinders van Johannesburg Children’s Home. Hierdie instansie is al 100 jaar oud en daar is op die oomblik 64 kinders tussen die ouderdom van 6 en 18 wat daar woon.
Daar is ook byna 300 bederfpakkies by Parksorg afgelewer. Hierdie ouetehuis sorg vir 290 inwoners – wat bejaardes en volwassenes met gestremdhede insluit.
Altesaam 2183 mediese personeel én pasiënte van Helen Joseph Hospitaal het elkeen ‘n heerlike, vars muffin ontvang en ‘n geskenkpakkie om hul dag op te helder.
Twee termyntoetsdatums bygevoeg

Omdat groot sport-aangeleenthede uitgestel moes word a.g.v. Covid, is daar nou geleentheid om wel op 2 en 4 Maart termyntoetse te skryf. Bestudeer asb. die onderstaande inligting noukeurig, sodat u weet watter ekstra termyntoetse vir u kind/ers geskeduleer is.
Graad: 2 Mrt |
Vak | | Graad: 4 Mrt |
Vak |
8 | Afrikaans | * | 8 | IGO |
9 | Visuele Kuns | * | 9 | FW |
10 | Drama | * | 10 | BS |
11 | FW | * | 11 | Gesk |
12 | BS | * | 12 | Wisk |
Helpies bly besig

Alhoewel ons tans nog glad nie teen ander skole mag deelneem nie, stuit dit ons nie om steeds fiks en vaardig te bly nie. Boogskiet, muurbal, swem, debat, spraakgilde, rotsklim, skaak, atletiek en vele ander aktiwiteite is smiddae besig om te oefen en op te skerp… én daar is natuurlik ook elke middag akademiese ekstraklasse beskikbaar.
Vanmiddag bied ons ‘n heerlike intra-atletiekbyeenkoms vir gr. 8 + 9 aan en volgende Vrydag is dit die senior atlete (gr. 10-12) se beurt.
Woensdagmiddag hou ons ‘n informele swemgala, Helpie Champs, vir ons 0.14- en o.15-swemmers.
Oudisies vir Produksie-hoofrolle en -dansers gebeur volgende week.
Die krieketmanne speel interne oefen-wedstryde en die tennisspelers durf mekaar smiddae aan om die rangorde vir 2021 te bepaal.
Ons bly besig… want dit maak die lewe lekker!