
Dis óns plek... en dis 100!

Liewe HELPIE-ouer
Dit was vir ons ‘n voorreg om u kind gisteraand te verwelkom as ‘n volwaardige Helpie – óns plek is nou ook júlle plek.
“Want hier sal jy vind dat jy
Steeds deur die oë van ‘n kind
Die lewenspel speel
Granate van onskuld kan deel
Om weer vir ‘n oomblik
Die kennis van kwaad te ontken
Om weer te kan glo wat jy het is ‘n gawe van bo
‘n gawe van bo
‘n gawe van bo…”
Baie dankie dat u deel was van hierdie deurslaggewende oomblik op u kind se lewenspad. Baie dankie dat u die voorreg van Helpie-wees vir u kind moontlik maak. Baie dankie dat u ons vertrou met die volgende 5 jaar van u kind se reis…
“Knip jou deur se grendel dig
Sluit jou vensters en jou luike teen die lig
Pak jou drome vir die reis
Jou hart sal jou die kronkels wys
Om ongeskonde hier te kom”
Ons het vanoggend u kinders wéér om die swembad laat staan en Daar’s ‘n plek vir hulle gespeel – gaan luister gerus hierdie naweek saam met u kind na hierdie lied – dit is nou húlle liedjie… en Helpmekaar is nou húlle plek!
Luister die liedjie hier: Daar’s ‘n plek