
Welpies word binnekort Helpies

Liewe Graad 8-ouers (en Welpies)
Ons wonderlike, entoesiastiese groep Welpies se eerste paar weke was vreemd en vol verandering, maar ons is opgewonde om hulle binnekort as volwaardige Helpies te kroon – hulle verdien dit! Ons is trots op die dryf en deursettingsvermoë waarmee hulle hul hoërskoolloopbaan (aanlyn) aangepak het en by alles ingekoop het.
Wat gebeur volgende?
Die Welpies kom Maandag, 1 Februarie terug skool toe.
Wat trek hulle aan?
Presies wat hulle die eerste week gedra het, maar hulle mag ook hulle skoolkouse, skoolskoene en skooltrui dra, omdat daar ‘n reënerige week voorspel word. (Geen baadjies of pette/bashers nie – dit mag eers na die Gr.8-inhuldiging gedra word)
Wanneer is die Gr.8-inhuldiging? (En wanneer hou ons Groentjiekonsert?)
Ons wil vriendelik vra dat julle asb die volgende drie Vrydae (5, 12 en 19 Feb) sal oophou op jul kalenders. Sodra ons met 100% sekerheid ‘n datum kan bevestig, sal ons u onmiddellik in kennis stel. Al die nodige detail sal dan volg.
En die Paratuskamp?
Soos in ‘n vorige nuusbrief genoem, is dit tans uitgestel tot verdere kennisgewing.
Wat gaan ons hierdie week by die skool doen?
Leer, leer, leer! Elke dag sal ‘n volle akademiese dag wees, met ál jou klasse soos dit op jou rooster verskyn – julle onnies sien baie uit om julle weer in die oë te kyk.
Hoe laat laai die bus my soggens op?
Loer sommer hier: Bustye
Die busse ry elke middag 14:15 huiswaarts.
Indien jy oor enigiets anders onseker is, skakel asb die graadvoogde.