Spraakgilde

Glad met die mond en jy kan in `n span funksioneer… dit is wat `n goeie spreker uniek maak.

Ons bied jaarliks die Gautengse Spraakgildefees te Helpmekaar aan waaraan ongeveer 100 spanne van regoor Gauteng deelneem.

In die Spraakgilde bestaan ons spanne uit 4 lede elk en elke graad skryf 2 spanne in. In die Afrikaanse Afdeling het daar in 2013  99 spanne deelgeneem  aan die Gauteng-kompetisie. Aangesien dit `n spankompetisie is, is spanvoorbereiding noodsaaklik en is ons trots op die sprekers en die personeel wat al die balle aan die rol kan hou.

Sedert  2006 tree Helpmekaar elke jaar in die Spraakgilde- kompetisie  as algehele wenners uit die stryd.  Ons individuele sprekers het verlede jaar (2013) tydens die gala-aand met `n eerste en derde plek weggestap.  Die twee Forumspanne het `n eerste en tweede plek tydens die gala-aand opgeraap.

Spraakgilde beteken: samewerking – koppe-bymekaar-sit en uit-die boks-uit-denke en ons sprekers put genot daaruit om in gerespekteerde praatreuse te ontwikkel.