Hier by Helpmekaar kan ons spog met massadeelname en Stefan Olivier wat in 2011 naaswenner in die ATKV se landswye redenaarskompetisie was. Wat hierdie deelname uniek maak, is dat die leerders individueel deelneem en dat daar ook staatgemaak word op die sprekers se vermoë om onvoorbereide toesprake met vernuf te kan lewer.
Ons ATKV-redenaars uitdunne vind jaarliks in Maart plaas. Verlede jaar (2013) was daar drie Helpies wat aan die landswye finaal te Hartenbos deelgeneem het. Drie deelnemers uit `n moontlike 40 regoor die land – uit een skool. Onder die HMK-personeel is daar sewe gekwalifiseerde redenaarbeoordelaars wat die pas vir ons as sprekers aangee.
Die Visie van die Kompetisie
Om Afrikaans onder die jeug te bevorder dat dit leerders sal bemagtig om in Afrikaans ’n leidende rol te speel.
Die Missie van die Kompetisie
Bevordering van:
- Die vaardigheid van openbare redevoering en debattering in Afrikaans
- Kommunikasievaardighede
- Navorsingsvaardighede
- Kritiese denke
- Selfvertroue by leerders
Die krag van die woord is `n sinvolle instrument om jou weg te baan in `n snel bewegende wêreld waar sukses vir niemand wag nie… daarom moedig ons die Helpies aan: PRAAT, PRAAT, PRAAT.