Produksie

Helpmekaar bied jaarliks ‘n produksie van hoogstaande gehalte aan.

Elke Helpie neem deel en dit gee aan hom/haar die geleentheid om te ervaar wat so ‘n produksie behels. Blootstelling op die verhoog (hetsy in ‘n veeleisende hoofrol of ‘n danser in ‘n groep of ‘n lid in ‘n sanggroep) dra daartoe by dat elkeen hulself op die verhoog kan handhaaf. Van die produksies het ingesluit Joburg Jol, Aladdin, Wie weet waar behoort ek?, Raka, Seven Brides for Seven Brothers, Goggas.