Koor

Helpiekoor 2018

Die Helpiekoor gaan van krag tot krag en die koor bestaan tans uit 80 lede. Ons dirigent, Siegfried Pretsch, het die koor in 2015 en 2017 na die ATKV-Applousfinaal in Port Elizabeth en Pretoria onderskeidelik gelei het. Die koor het aan die Gevorderde Gemengde Koorafdeling deelgeneem.
In 2015 verkry die koor ‘n sliwer en in 2017 goud.

In Desember 2017 neem die koor deel aan die 12de Adventkompetisie in Bratislava, Slovenië en behaal ‘n tweedeplek met 84%.

Annika Burke is die koor se begeleidster wat saam met Siegried Pretsch die kooroefeninge elke week op `n Maandag (14h00 – 15h30) en Donderdag (15h45 – 18h00) waarneem.

Die koor spog in 2018 ook met `n nuwe baadjie. Die koorklere is stylvol, maar gemaklik en ons is trots op die Helpies in hul nuwe vere.

Die skool het `n nuwe klavier aangeskaf wat vir die koor weer `n nuwe plesier is. Oudisies vind aan die begin van die jaar plaas en kan op versoek deur die jaar plaasvind as daar nuwe leerders is wat as nuwe Helpies aanmeld.

Vir enige navrae, kontak gerus vir Linda Peacock