Fotografie- & Videografieklub

Helpmekaar Kollege bied die geleentheid aan belangstellende Helpies om deel te raak van Helpmekaar se Fotografieklub.

Die doel is om u kind op te lei om vaardighede en tegnieke aan te leer, om sodoende ‘n kamera maksimaal te benut. Ons wil ook die nodige blootstelling aan elke leerder bied deur ‘n uitstalling te hou waar ouers die geleentheid sal kry om hul kinders se kreatiwiteit en denke te bewonder.

Helpmekaar se fotografieklub is daar vir vaardigheidsontwikkeling, kreatiwiteit en GENOT!

Belangstellendes kan juffrou Sofi Woest kontak (sofi.woest@helpmekaar.co.za)