komaan  
    helpmekaar
Welkom by HELPMEKAAR.
Helpies presteer op alle gebiede!
 
 


 
 

Die afgelope ruk het Helpmekaar leerders bewys dat hulle oor baie talente beskik en het verskeie van ons leerders uitstekende prestasies behaal.

Tydens die Skole Bergfiets het 40 Helpies deelgeneem. Luré Viljoen wen die Senior Meisies kampioenskappe.

Ons landloopspan bestaan uit 22 atlete en het ook puik presteer die laaste ruk. By die landloop-afloskompetisie eindig ons senior seuns in die derde plek en ons senior meisies wen die kompetisie.

Drie van ons leerders dring deur na die derde rondte van die landswye Wiskunde Olimpiade – Marlene Roets, Emma Wessels en Michiel Wessels. Drie leerders het ook onder die top 40 landwyd geeďndig in die Afrikaanse Olimpiade – Marthinus Jacobs, Jean le Roux en Shané van Graan.

Die Gauteng-Wes finale van die ATKV Tienertoneel het plaasgevind op Saterdag 31 Julie. Die twee tonele van ons skool eindig eerste en tweede in die kompetisie, voorwaar ‘n ongelooflike prestasie.

Die Gauteng-Wes finale van die ATKV Redenaars het ook plaasgevind die afgelope naweek. Slegs 2 seniors en 2 juniors kan deurdring na die landswye finale. Helpmekaar behaal die puik prestasie dat Stefan Olivier en Marcel Porteus die seniors wen, en dat Constant Beckerling die een juior in die finale span is. Drie uit die 4 spanlede is dus Helpies!

Sterkte aan almal wat deur is na finale, ons is trots op julle.


 

 
Home | Website terms of use | Privacy Policy | Last Updated: 25 Nov 2010