Aansoeke tot Helpmekaar

Ons werk

    Ons skryf die uitdagende IEB (Independent Examination Board)-eksamen.
        Die afgelope paar jaar het ons nie net  ‘n 100% – slaagsyfer behaal nie, maar ook 100% universiteitstoelating. WOW! En die Helpies oes A’s vir die vale.

        • Klein klasse sodat elke kind maksimale aandag ontvang.
        • Ons berei u kind voor vir die universiteite se toelatingseksamens deur te fokus op die ontwikkeling van denkvaardighede.
        • ’n Gemaklike, gemotiveerde en gedissiplineerde werksomgewing – hier werk ons!
        • Helpmekaar maak plek vir elkeen. Geen elitisme nie.
        • Toppersoneel word getrek en aanstellings, waaroor ons volledige beheer het, word gemaak.
        • Verskeie tale word aangebied, nl. Frans, Duits, Spaans, Afrikaans Huistaal, Engels Huis- of Eerste Addisionele taal.

Skryf SAT’s (Amerikaanse toelatingseksamen) aan die einde van graad 11

en NBT’s (National Benchmark Tests) in matriek.

LOGISTIEK
Busse van oral in die Witwatersrand
Of
Koshuis waar jy ‘n tweede huis kan hê.
Ander: Daghuis (waar huiswerk onder toesig gedoen kan word), e-sentrums, kondisioneringsentrum.

… en ons speel

Atletiek: Beste atletiekskool in  SA – wen drie jaar na mekaar die Super-interskole-byeenkoms
Rugby: Twee spanne wen in 2016 die Beeldtrofee vir groot skole. 18 provinsiale spelers en 1 SA-skole.
Netbal: 12 provinsiale spelers in 2016.
Dogtershokkie:  Drie provinsiale spelers in 2016.
Seunshokkie:  Twee provinsiale spelers in 2016.
Krieket: Top 30 – krieketskool op die ranglys. “Henri Grobbelaar”- Krieket-Kraft krieketakademie.
Tennis: Meisies wen die Premier-liga en meisies en seuns wen die Betlehem-toernooi.
Ander: Padfiets en bergfiets, avontuursport, oriëntering, scuba-duik, gholf, skyfskiet, skaak, swem, landloop, muurbal en tweekamp.
ATKV- redenaars: Twee sprekers in landsfinaal in 2016.
ATKV- tienertoneel: Twee stukke in landsfinaal in 2016.
ATKV-debat: Een span in landsfinaal in 2016.
Koor: Een van die topkore in SA o.l.v. Siegfried Pretsch.
Produksie: Elke jaar ‘n opvoering van hoogstaande gehalte 2017 is dit   “ Annatjie”, ‘ n musiekblyspel, waaraan die hele skool deelneem.
Koerantredaksie: E-koerant 1ste nasionaal en gedrukte koerant 3de nasionaal.
Ander: Speech guild, spraakgilde, orkes, groenklub, valentynsbal en valentynsweek, modeparade, gholfdag, wynveiling, manneaand …

GRYP DIE GELEENTHEID AAN

Vir meer inligting kontak Linda van Niekerk
Tel: 011-339-2226
Faks:011-339-1296
Sel:082 452 9772
E-pos: linda.vanniekerk@helpmekaar.co.za