ADAM

ADAM   E-Skool
Onderwysers E-Pos Toegang

ADAM en e-Skool (Kontak Sean Barber: 084 074 5884 of sean.barber@helpmekaar.co.za of Skype restrat)

So ’n bietjie agtergrond…

ADAM is die skool se stelsel wat gebruik word om die leerders se punte te administreer en is daarop toegespits om dit ook vir ouers toeganklik te maak. Die uitbreiding van hierdie platform neem gestalte aan in ’n stelsel, nl. e-Skool. Aanteken (login)-dienste word gesentraliseer en vergemaklik toegang vir leerders, ouers en onderwysers op beide ADAM en e-Skool. Ouers kan aanteken op e-Skool deur gebruik te maak van hul ADAM password. Indien u nog vrae het oor hoe jy kan inteken op die stelsels kliek op die skakel om van die betrokke handleiding gebruik te maak.

e-Skool, hoe kom ek daarby uit?

  1. e-skool.helpmekaar.co.za
  2. Teken met Ouer of Leerder besonderhede in
  3. Jou kind se klasse sal vertoon word.

e-Skool, hoe gebruik ek dit?

Nadat jy aangeteken het, sal die ‘Beplanning’-item sigbaar word. Hier sal jy die termynbeplanning kan sien. Onderwysers maak plaas ook op versoek vir afwesige leerders items op e-Skool. Drukstukke moet egter afgehaal word by die betrokke onderwyser by die skool.