Ons Helpies floreer! Dit is duidelik te sien uit die besondere prestasies wat ons Matriekgroep van 2017 in hulle finale IEB-eindeksamen behaal het. Die Helpmekaarfamilie is trots, dankbaar en ons tel ons seëninge saam met elkeen van ons kinders!

Daar is verskeie faktore waaraan Helpmekaar se wenresep te danke is. Sommige hiervan:

  • Ondersteunende ouers (en oupas en oumas en ooms en tannies en… en …) vir wie hulle kinders die heel belangrikste is. Dit verseker dat daar by die huis begin word om ‘n lewensvisie van wyd-dink en hard werk by ons kinders aan te kweek. Noodsaaklike eienskappe vir die tye waarin ons leef!
  • Die heel beste span onderwysers wat as vak-kenners met die hand uitgesoek is. As onderwysers glo ons dat elke kind belangrik is en daarom skep ons binne ‘n raamwerk van dissipline vir die Helpie-kinders ‘n veilige hawe. Op die manier kan elke kind sy of haar akademiese potensiaal verwesentlik, want ons glo dat geen tiener akademies kan presteer, sonder emosionele leiding en koestering nie.
  • Maar Helpies leer ook die waarde van balans tussen werk en ander lewensvaardighede aan. Elke kind word die geleentheid gegee om hulself uit te leef op sport- en kultuurgebied. Want ons weet dat net gelukkige mense die ingesteldheid aankweek wat van hulle innoverende en kreatiewe en suksesvolle burgers van ons samelewing gaan maak.

As ons meer spesifiek kyk na ons Matrieks van 2017 se uitslae, weet ons sonder twyfel dat hierdie groep wonderlike kinders sterk oppad is om ‘n positiewe verskil in die wêreld te gaan maak. Van die 199 matrikulante, kan 100% ‘n tersiêre instelling bywoon. 196 kan inskryf vir ‘n graadkursus en 3 kan vir ‘n diploma van hulle keuse inskryf.

Helpies se prestasies in ‘n neutedop:

  • Die algehele gemiddeld van al ons kinders in al hulle vakke is 74%
  • 72% van die groep se gemiddeld was hoër as 70% vir al hulle vakke
  • 30% van die groep het ‘n A-gemiddeld behaal
  • ‘n verdere 42% met ‘n B-gemiddeld geslaag het.

Een van 2017 se Matrikulante het 10 A-simbole ingepalm:

  • Rynhard de Bruyn: Afrikaans, Rekeningkunde, Ekonomie, English HL, Duits, Geskiedenis, LO, Wiskunde, Gevorderde Program Afrikaans en Advanced Program English.

Drie van ons Helpies het nege onderskeidings elk behaal:

  • Elzette Minnie: Afrikaans, English HL, LO, Lewenswetenskappe, Wiskunde, Fisiese Wetenskappe, Spaans, Gevorderde Program Afrikaans en Gevorderde Program Wiskude.
  • Paul Olivier: Afrikaans, Rekeningkunde, IGO, English HL, Inligtingstegnologie, LO, Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Gevorderde Program Wiskunde.
  • Andries Swart: Afrikaans, Rekeningkunde, English HL, Geografie, Inligtingstegnologie, LO, Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Gevorderde Program Wiskunde.

Agt leerlinge spog met agt onderskeidings elk:

  • Caitlin Barkhuizen: Afrikaans, Dramatiese Kunste, English HL, Frans, Geskiedenis, LO, Wiskundige Geletterdheid en Gevorderde Program Afrikaans.
  • Robert Beckley: Afrikaans, Rekeningkunde, Ekonomie, English FAL, LO, Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Gevorderde Program Wiskunde.
  • Peter Brinckler: Afrikaans, Rekeningkunde, Besigheidstudies, English HL, Inligtingstegnologie, LO, Wiskunde en Gevorderde Program Wiskunde.
  • Niel de Kock: Afrikaans, Rekeningkunde, Ekonomie, English FAL, LO, Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Gevorderde Program Wiskunde.
  • Milla Dirks: Afrikaans, Rekeningkunde, Dramatiese Kunste, English FAL, LO, Lewenswetenskappe Wiskunde en Fisiese Wetenskappe
  • Larise Ferreira: Afrikaans, Rekeningkunde, English FAL, Frans, LO, Lewenswetenskappe, Wiskunde en Fisiese Wetenskappe
  • Sebastian Vivier: Afrikaans, Rekeningkunde, Besigheidstudies, Ekonomie, English FAL, LO, Wiskunde en Fisiese Wetenskappe
  • Betessa Wildenboer: Afrikaans, English FAL, Frans, Inligtingstegnologie, LO, Lewenswetenskappe, Wiskunde, Fisiese Wetenskappe

Twaalf van ons Helpies het sewe onderskeidings elk: Ryan Berkenbosch, Raymond Bock, James Clarke, Hyla Fourie, Nina Gouws, Mia Lombard, Frances Marais, Stefan Meyer, André Valkenburg, Trunelle van der Linde, Reuben van der Merwe en Juan van Staden.

Sestien leerlinge het elk ses A’s behaal: Elzaan Botha, Dominique Coetzee, Franco Coetzee, Madelize de Lange, Ai-Mee Ding, Melissa Fourie, Luan Göbel, Velmein Hendriks, Kaelyn Jansen, Monique Lewis, Gustav Theron, Liam van den Berg, Ruan Van Greuning, Klaré van Heerden, Celine van Niekerk en Emil van Wyk.

Agtien Helpies het vyf onderskeidings elk ingepalm:  Eagan Bezuidenhout, Nicola Bruwer, DuJuan Coetzee, Megan Eksteen, Reghardt Fryer, Marguerite Hesemann, Anke Human, Herman Kritzinger, Liezel Oberholzer, Jacques Peacock, Lyle Pearson, George Phillips, Lente Schoeman, Alinda Steyn, Elske Swart, Keanan Van Dyk, Chrizelda Visser en Rania Zevenbergen

Dan is daar ‘n hele klomp wat elk 4, 3, 2 en 1 A-simbole behaal het.

Ons is baie trots op en saam met elkeen van ons 199 matrikulante van 2017 bly! Sterkte vir 2018 en mag al julle toekomsdrome waar word.

Komaan!
Estie Meyer
Adjunkhoof: Akademie