komaan  
    helpmekaar
Welkom by HELPMEKAAR.
Welkom / Koshuis
 
 


 
 

WILLIAM NICOL KOSHUIS

Die William Nicol Koshuis het sy ontstaan gehad in 1951. Dit is vernoem na die administrateur van TVL- Dr William Nicol.

Daar is plek vir 70 leerders in die koshuis. Die koshuis bestaan uit 2 vlakke- een vir seuns en een vir dogters. Tans is daar 48 leerders woonagtig in die koshuis, waarvan 18 dogters en die res seuns is. Elke kamer is toegerus met sy eie bed, ingeboude kas en lessenaar.

Beheer en toesig in die koshuis word deur inwonende personeel behartig, waarvan die koshuisvader in beheer is. Daaglikse roetines word deur die personeellid aan diens beheer en sluit alle verantwoordelikhede soos opstaan tye, studie toesig en algemene beheer en toesig in.

Ons koshuis beskik oor sy eie kok wat kos voorberei in die koshuiskombuis. Daar word drie etes per dag voorberei en die kos en variasies van disse is regtig iets besonders.

Elke graad word aan ‘n spesifieke onderwyser toegeken wat dan as voog vir hulle optree. Alle probleme kan met die grootste vrymoedigheid met hierdie voog of dan die koshuisvader bespreek word. Die koshuisvader doen verantwoording aan die hoof. ‘n Oop deur verhouding word deurentyd gehandhaaf met die ouers van die leerders en die kinders word elke naweek gehaal deur hulle ouers. Omdat die koshuis op die skoolterrein geleë is, maak dit die beoefening van sport soveel makliker. Ons doelwit by die koshuis is om die leerder optimale geleenthede te bied om sy of haar volle potensiaal te bereik op akademiese, kulturele en sportgebied.

Ten slotte haal ek graag een van ons matriek ouers aan: “My seun is in graad 8 baie onseker en bang na Helpmekaar se koshuis gestuur. Na 5 jaar het hy ontwikkel in een van die selfstandigste en gebalanseerde kinders in die skool. As ek vandag terug kyk was elke jaar ‘n sukses. William Nicol Koshuis het my seun toegerus vir die lewe.”-Matriek Ouer 2001.

 

 
Home | Website terms of use | Privacy Policy | Last Updated: 25 Nov 2010