|
|
|
| Akademie |
/ |
MINIMUM SLAAGVEREISTES VIR
MATRIEK VANAF 2008 |
|
|
|
| |
|
|
| |
MINIMUM SLAAGVEREISTES VIR MATRIEK VANAF 2008
| Afrikaans |
40% |
| Enige ander twee vakke |
40% |
| Enige ander drie vakke |
30% |
| Een vak mag gedruip word |
|
NUWE TOELATINGSVEREISTES VIR GRAADSTUDIE VANAF 2009
- Vier van jou sewe vakke moet deel vorm van die lys van "aangewese vakke".
- Jy moet 'n minimum van 4 (50%) in elk van hierdie vakke behaal.
- Jou onderrigtaal en Lewensoriëntering moet bo 50% wees.
Deur aan punt 1, 2 en 3 te voldoen, kan jy aansoek doen om aan enige Suid-Afrikaanse universiteit te studeer. MAAR hou die volgende 4 punte ingedagte…dit verskil van universiteit tot universiteit.
- Jy moet aan die minimum toelatingspunt van die studierigting voldoen.
- Sommige studierigtings vereis 'n minimum prestasievlak in sekere skoolvakke.
- Sekere geselekteerde programme vereis hoër toelatingspunte.
- Keuring en evalueringstoetse vir toelating tot geselekteerde programme word ook toegepas.
VRAE VRAE VRAE
Watter vakke vorm deel van die lys van "aangewese vakke"?
- 3 Tale (Afrikaans, Engels en 3e Taal)
- Besigheidstudies
- Dramatiese Kunste
- Ekonomie
- Fisiese Wetenskap
- Geografie
- Geskiedenis
- Ingenieursgrafieka en -ontwerp
- Inligtingstegnologie
- Lewenswetenskap
- Musiek
- Rekeningkunde
- Visuele Kunste
- Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid
Wat is prestasievlakke en TP-tellings (Toelatingspunt)?
- Prestasievlak (kolom 2) dui die toekenning aan vir vakpresentasies wat jy in jou Graad 12 vakke behaal.
- Die toelatingspunt (kolom 3) word gebruik om jou toelatingspunt by die universiteit te bereken. Elke vak behalwe Lewensoriëntering dra by tot die berekening van jou TP-telling
| Persentasie in skoolvak |
Prestasievlak |
Toelatingspunt |
| 80 - 100 |
7 |
7 |
| 70 – 79 |
6 |
6 |
| 60 – 69 |
5 |
5 |
| 50 – 59 |
4 |
4 |
| 40 – 49 |
3 |
3 |
| 30 - 39 |
2 |
2 |
| 0 - 29 |
1 |
1 |
Voorbeeld vir die berekening van toelatingspunte
| Afrikaans |
63 = 5 |
| Engels |
52 = 4 |
| Wiskunde |
34 = 2 |
| Geskiedenis |
56 = 4 |
| Geografie |
56 = 4 |
| Reis en Toerisme |
74 = 6 |
|
25 Toelatingspunte |
Ek voldoen nie aan die toelatingsvereistes nie, wat nou?
- Indien jy nie aan 'n sekere studierigting se vereistes voldoen nie, kan jy 'n verlengde program in die bepaalde studierigting volg. In so 'n geval word die eerste jaar van jou graadkursus in twee jaar verdeel. Sekere vereistes geld steeds.
- Jy kan ook 'n Diploma of sertifikaat in sekere studierigtings verwerf wat deur verskeie universiteite aangebied word..
|
|
| |
|
|
|
|
|