komaan  
    helpmekaar
Welkom by HELPMEKAAR.
Huise / Melle - Reëls
Erekode Huis Lied Brief Reels
 
 


 
  Reëls

‘n Melle leerling moet ten alle tye tot sy volle potensiaal optree. Dis juis hoekom ons die die volgende stel reëls nie baie gaan hoef te gebruik nie, omdat ons weet dat Melle leerlinge ten alle tye hulself sal gedra en hulself en die mense om hul sowel as hul omgewing sal respekteer.
  1. Ek sal altyd Melle se naam hoog hou.
  2. Ek sal altyd die seniors in my huis opreg groet.
  3. Ek sal die reëls van my huis respekteer.
  4. Ek sal netjies lyk ten alle tye.
  5. Ek sal vir die ander mense in my huis erkenning gee vir hul prestasies.
  6. My voorkoms sal altyd ordenklik wees.
  7. Ek sal ten alle tye die gees van my huis hoog hou.
  8. Ek sal die naam van my huis nooit deur die modder sleep nie.
  9. Ek sal punte verower op enige gebied moontlik.
  10. Ek sal die reëls van die skool respekteer.
  11. Ek sal ten alle tye eerlik wees.

Indien jy onseker is oor of jou aksie ‘n oortreding is of nie, kan jy enige van die huis kapteine of huis ouers daaroor uitvra.


Die Tugstelsel


* Die Tug kommitee *
  • Soné Janson
  • Zak Nel
  • De Waal Rautenbach
  • Wynand Miller
  • Izelle Mostert
  • Izeldi Pretorius
  • Rynor Jacobs
  • Richardt Maré
  • Huis ouers

Jy sal voor die tug kommitee verskyn indien enige oortreding plaasvind, die tug kommitee sal dus ‘n gepaste straf uit dink. Indien die oortreding enige finansiële skade vir die huis of vir die skool doen sal dit op ‘n professionele manier gehanteer word.
Huis tug sal eers gebeur nadat die skool dit op hul professionele manier gehanteer het.
  
 
     
Home | Website terms of use | Privacy Policy | Last Updated: 25 Nov 2010