|
|
|
|
|
|
| |
|
|
| |
Geagte Melle leerling
Ons , Soné Janson en Zak Nel jou huis kapteine vir 2006 verwelom jou
hartlik by Huis Melle ( die beste huis waarin jy kan wees ). Melle is ‘n
gatskop, wenspan wat die ander huise in die stof gaan laat stil staan.
Melle bestaan uit wonderlike persoonlikhede, goeie gees, span werk en
die beste seniors in die hele skool.
Jy moet net onthou dat Melle huis is die plek waar jy jou talente kan
uithaal en wys soos hulle altyd sê “ If you got it, flaunt it. “. Melle
is daar om mense te bind en om vriendskappe te bou maar ook intussen
kompiteerend te wees en goeie gees te behou.
Ons huis moet soos ‘n familie wees. Ons huis moet saam staan. Ons huis
moet die ander huise stom laat. Ons huis moet gatskop. Ons huis gaan
gatskop ons hoef nie eers twee keer daaroor te dink nie.
Let asseblief mooi op dat konflik, aggressie en haat is nie in ons
woordeskat nie dit gaan ook gepaart met die woord verloor wat glad nie
eers gesê word in geselskap met ander Melle leerlinge nie.
Baie Groete.
Soné Janson en Zak Nel
|
|
| |
|
|
|
|
|