komaan  
    helpmekaar
Welkom by HELPMEKAAR.
Huise / Empire - Erekode
Erekode Huis Lied Lead
 
 


 
 




Visie 
Dit is ons strewe om as ‘n span saam te staan om op so wyse al die struikelblokke wat op ons pad kom, met mening aan te pak. 

Missie
Elke leerder wat deel is van Huis Empire is deel van ‘n unieke familie. In die Empire Huis kry elke individu die geleentheid om te groei tot sy/haar volle potensiaal, om so die toekoms wat voorlê met albei hande aan te gryp. 

Belofte
Hiermee beloof ek om ten alle tye Empire se naam op ‘n goeie en eerbare wyse uit te leef. Om God te eer en almal om my met die hoogste respek te hanteer. Ek beloof om ten alle tye die volgende reëls na te kom:
  • Ek sal ten alle tye netjies lyk
  • Ek sal vir almal in my huis die nodige erkenning gee met hul prestasies
  • Ek sal ten alle tye die gees van my huis hoog hou en my balkie met trots dra
  • Ek sal punte verower op alle gebiede waar moontlik en as ‘n eenheid deel wees van alles wat in die Huis gebeur
  • Ek sal die reëls van die skool altyd respekteer en na kom
  • Ek sal ten alle tye eerlik en opreg optree
 
 


________________________________________________________
Naam van leerlingHandtekening van leerling
  
________________________________________________________
Handtekening van Huisvoogde

 
 


 
Home | Website terms of use | Privacy Policy | Last Updated: 16 Aug 2011